Skokkende Feite

Algemene Inligting

  • Trauma tref een uit elke 13 Suid Afrikaners elke jaar.
  • Elke 30 minute sterf iemand as gevolg van 'n motorbotsing op die Suid-Afrikaanse paaie.
  • Vir elke padsterfte word 86 mense vir behandeling in 'n hospitaal opgeneem.
  • Meer as 15,000 onnatuurlike sterftes (moord, kapings, selfmoord, ens) word jaarliks gerapporteer.
  • Motorkapings is in 2013/14 op met 12.3%
  • Gebrek aan tydige toepaslike inligting lei tot foutiewe mediese gehandeling van een uit elke agt pasiënte.
  • 'n Krisissituasie kan enige tyd enige plek plaasvind, of dit nou 'n motorbotsing, kriminele daad of huishoudelike geval is.
  • Jou kans om in 'n botsing betrokke te wees hierdie jaar is 1/81.
  • Wanneer 'n trauma insident plaasvind begin die pasiënt se lewenshorlosie tik. TYD = LEWE.

CrisisOnCall sien om na jou gesin se krisis situasie wanneer jy self nie kan nie.


Beursies en Handsakke

CARTE Blanche - “Jou kaart of jou lewe” (9 November 2003)

"Dit is maklik in - 'n botsing of kaping – om van jou beursie of handsak waarin jou mediese fonds-kaart is, verwyder te raak. Die onvermoë om hierdie inligting by 'n privaat hospitaal te kan lewer kan aanleiding gee tot 'n vertraging in hulp wat jou kans op oorlewing direk kan beïnvloed."

Die publiek is onder die indruk dat hul mediese fonds-lidmaatskap kaart  'n paspoort is tot toegang tot 'n privaat hospitaal. Die realiteit is dat ‘n kaart, selfs met ‘n foto op, van min waarde gaan wees aangesien pasiënte en hul beursies/handsakke in baie gevalle van mekaar geskei word.  (Effektiewe identifikasie soos iets wat jy aan jou liggaam dra, soos ‘n armbandjie is die enigste werkbare metode van identifikasie.)


Selfone en Inligting

Paramedici het baie gesukkel om inligting van beseerdes te bekom tydens die bomontploffings gedurende Junie 2005 in Londen. Hulle het na die tyd met 'n “oplossing” gekom waar mense inligting ten opsigte van hul naasbestaandes onder die kode I.C.E (In case of emergency) op hul selfoon stoor. Indien die ICE opsie geskakel word sal dit hulle dan in kontak met naasbestaandes bring. Dit klink na 'n baie goeie idee maar die volgende beperkings bestaan:

  • Selfone word gereeld op botsingstonele gesteel of raak verwyder van die eienaar as gevolg van die impak van die botsing.
  • Selfone breek in baie gevalle as gevolg van die botsing of word iewers in die wrak vasgedruk waar niemand by dit kan uitkom nie.
  • Dit is in die meeste gevalle ook baie moeilik om 'n spesifieke pasiënt met 'n spesifieke selfoon te koppel.
  • Naasbestaandes is ook nie altyd op hoogte van die pasiënt se mediese kondisies, allergieë of mediese fonds besonderhede nie.
  • Naasbestaandes wat onder ICE gelys is mag saam in die botsing wees.

Dit mag onnodig tyd neem en foutiewe inligting kan chaos veroorsaak.


Spesialis behandeling

Pasiënt het in baie gevalle dringende spesialis behandeling nodig. Alle hospitale het nie altyd die nodige spesialiste beskikbaar nie. Paramedici moet soms van een hospitaal na ʼn ander ry om die pasiënt by ʼn spesialis te kry vir dringende behandeling. Tyd = Lewe.


Copyright © 2009 CrisisOnCall
  
Articles | SEO by Intoweb | Latest News