IDENTIFICATION

ARMBANDJIE HELP MY OM MY PASIëNT TE HELP

Dit is winter en om nagskof te werk is nie baie aangenaam nie.

Saterdagaand 19 Junie ongeveer 23:40 kry ons ‘n oproep van ‘n voertuig wat in die riviertjie buite ons stad beland het. Ek en my span haas ons na die toneel.

Op toneel, saam met die brandweer, sien ons ‘n voertuig op sy dak aan die kant van die rivier lê. Binne is drie pasiënte wat ernstig beseer is. Hulle is victor pasiënte (sit vas in die voertuig) en die brandweer moet hulle uit die wrak bevry.

Intussen begin ons met behandeling. Een van my kolegas op die ambulans vertel my dat die pasiënt ‘n CrisisOncall bandjie aan het. Dit was my eerste keer dat ek met ‘n CrisisOnCall pasiënt te doen kry maar het al baie daaroor gelees en inligting ontvang.

Opgewonde om die sisteem te toets begin ons deur die noodnommer te skakel. Verbasend vinnig word die oproepe beantwoord en hier praat ek met mense wat weet wat ons wil hoor. Hulle bel my baie vinnig terug en vertel alles wat ons wil weet. Goed so want die pasiënt was allergies vir heelwat medikasies en ek kon my behandeling vroegtydig aanpas.
By die hospitaal gekom weet hulle van die pasiënte en dit is toe dat ons na ons die pasiënte oorgegee het praat oor CrisisOnCall. Ons al drie het dieselfde vloei van inligting gekry en die ondersteuning van CrisisOnCall was uitstekend.  Daar besef ons dat die blou bandjie eintlik ‘n moet vir almal is; Die groot vraag, Waar is ons bandjies? Maandagoggend het ons geskakel en vinnig aansoekvorms bekom. Nou is ek en my kollegas lid van CrisisOnCall en kon nie glo wat ons nog by kry nie.

Goedkoop en dit help ons om ander se lewens te red deur beter behandeling te verskaf. Dankie CrisisOnCall, julle konsep is puik, ek hoop mense besef wat jul bandjie en inligting beteken vir ons as paramedici. CrisisOnCall is ‘n moet vir elke gesin – ons het dit Saterdagaand beleef! 

Gerhard Hattingh (ALS Paramedic)


 

HOND BYT BUURMAN

Ek is al 'n paar jaar lid van CrisisOnCall en het al reeds baie van die dienste gebruik gemaak met absolute professionele hulp.

Gistermiddag het ‘n rondloper hond my buurman reg voor sy huis aangeval. Hy is ook ‘n lid van CrisisOnCall en dra ook sy bandjie. Ons was verbaas toe ons sien Jan en sy gesin is ook lid, hulle het onlangs lid geword.

Ek het ‘n gil gehoor en daarna ‘n hond wat baie ernstig baklei. By die venster het ek gesien wat gebeur en besef nou moet ek CrisisOnCall skakel. Ek kan nie betrokke raak nie want die hond is groot en ernstig.By die roepsentrum het ek onmiddellik met ‘n baie kalm persoon gepraat. Sy het my in suiwer Afrikaans vertel dat sy die nodige hulp stuur en my na Marie deurgeskakel. Intussen het die buurman oorkant die straat die hond van ons buurman afgekry. Hy is ook gebyt. Marie het my telefonies vertel hoe om Jan die buurman wat ernstig seer gekry het  te help en hoe om die bloed te stop.
Binne minute was die ambulans, polisie en DBV by ons. CrisisOnCall het hulle gestuur.

Jan is inderhaas na die hospitaal geneem. Voor hy in die ambulans gelaai is het die ambulansmense met hom gewerk en ek kon sien hoe hulle van die bandjie skakel.  My ander buurman het self na die hospitaal gery. Ek het Jan se vrou gebel en sy vertel toe dat sy reeds weet want CrisisOnCall hou haar op hoogte. Die aand het ons Jan gaan besoek in die hospitaal. Hy vertel dat hy nie sy mediese fonds-kaart by hom gehad het nie maar is opgeneem danksy CrisisOnCall wat al die inligting verskaf het.

Hy het gevra dat ek namens hom die vonkpos stuur en ook dankie sê aan Radio Pretoria waar hy die eerste keer van CrisisOnCall gehoor het. Hy vertel dat hy aangesluit het maar nooit gedink het hy sal so vinnig CrisisOnCall nodig kry nie.
Joy De Beer (10 Mei 2010)


HOW MY CHILD WAS SAVED BY CRISISONCALL

I would like to share with everyone who like myself, is a member of CrisisOnCall in taking a few minutes to thank the people behind the scenes who go out of their way to assist us in our moments of sudden need, despair difficulty and frustration.

I specifically highlight sudden because these moments come at a time when most of us least expect them.

Wednesday, just after 3 o’clock, I received a call from a very warm and friendly voice informing me of my daughter’s accident. My whole world came to a standstill. The voice immediately calmed me down informing me that Zondi was in good hands and that she is not in direct danger. I am not sure exactly what was said but, maybe because of my state of shock, but what I do remember is that the voice was calm and kept me calm.

I was told that Zondi was injured in a bus accident and that the ambulance is on its way to Sunning Hill Hospital. I was also informed that they are in constant contact with the paramedic. They even wanted to know if I have transport to the hospital.

It was recommended that I proceed to the trauma unit of the hospital. On my way to the hospital my cell rang, it was that calm voice again. “Mam, are you on your way .... , I have an update on your daughter.” Zondi is in the trauma unit in a stable condition.

On arrival at the hospital all hell broke loose. Parents were running around looking for their children, shouting and screaming. I was really distressed at that time. I gave my name at the counter of the trauma unit. Although the medical people were running around was immediately taken to Zondi. What a relieve, Zondi was OK.

I then realized, The CrisisOnCall bracelet did the trick. I received several calls from that special voice to assure that everything is still fine. Zondi got her last telephonic counseling yesterday afternoon from another special person from CrisisOnCall.

To all of you behind the scenes, we don’t see your faces, but I am sure you not only perform your tasks with warm smiles, but with warm hearts as well!!

Well done! I am part of CrisisOnCall for life. – LIZA GORDON (25 October 2005)


BANDJIE DOEN DIE PRAATWERK

Dit gaan nie met ons gebeur nie. Hierdie gedagte was altyd in my kop maar ‘n vriendin oortuig my om tog maar by CrisisOnCall aan te sluit. Ek kry selfs my kinders, tieners, om die bandjies te dra.

Daardie Vrydagaand 27 November 2009 sal ek nooit vergeet nie. Ongeveer 23:00 lui my man se foon. Dit is ‘n stem uit die CrisisOnCall beheersentrum.

“Jou seun was betrokke in ‘n ernstige ongeluk op die N1”. Net toe ek wou histeries raak vra die persoon om met my te praat. Sy gee my die gerusstelling dat hoog opgeleide paramedici besig is om met Johan te werk. Hulle weet alles wat hulle moet weet van Johan en hy word na Wilgeheuwel Hospitaal geneem.

Ek en my man ry na die hospitaal en word gereeld op hoogte gehou. Later word ek direk met die paramedikus gekoppel want my senuwees is gedaan. Hy verseker my dat Johan kritiek maar stabiel is. “Wat beteken dit?” Die stem uit die sentrum neem oor en verduidelik. Daar sak ‘n kalmte oor my neer.

Sy bandjie het die praatwerk gedoen. Dankie Samantha dat jy ons van CrisisOnCall vertel het. – Louise Van wyk


 

ARM BAND AND THE DISABLED

“My husband is disabled and an epileptic. He suffers from epileptic attacks. He may not drive and goes to work by bus. On 3rd May he had an attack. The bus driver stopped in a bus stop and asked someone to take him off of the bus. A woman (I don’t know her name), alighted from the bus with him. She called CrisisOnCall from his arm band.

Many thanks that you helped him so nicely. They also phoned me every 20 minutes to tell me what was happening. You are our lifesavers.” Hester Weideman.

(What was interesting about this case was that it occurred just after six a.m. and our paramedic from CrisisOnCall had to phone various hospitals to find out where a neurologist would be available. The ambulance could thus take Manie directly to the correct facility for treatment.)


KIND BESEER OP SPEELGROND

“Ons was die naweek by ‘n vakansieoord buite Naboomspruit en daar gebeur die een ding wat niemand verwag nie. My seuntjie het in die speelterrein seergekry. Iemand skakel van sy bandjie en CrisisOnCall sorg vir die res. Hy het op sy rug op ‘n stuk yster te lande gekom en op die grond bly lê. Hy kon nie beweeg van die pyn nie. Die besering het ernstig gelyk en hy moes stil lê omdat niemand geweet het wat die omvang van sy beserings is nie. CrisisOnCall het dadelik met telefoniese mediese-advies begin en ‘n ambulans gestuur. Terwyl ‘n paramedikus nog besig was om te gesels het die ambulansdiens laat weet dat hulle oppad is. Die ambulans was tussen Nylstroom en Warmbad toe hulle gekontak is en hulle het omgedraai. Hulle was vinnig op die toneel. 

Die paramedikus wat agter in die ambulans gesit het, het my verseker dat ons in goeie hande is en was die heel pad vriendelik en baie positief. Toe ons by die hospitaal kom was almal bewus van ons koms en die dokter het ons dadelik gesien. Dit was chaos met die Paasnaweek by die ongevalle afdeling maar die personeel by die hospitaal was baie vriendelik. Die tyd wat ons daar gewag het vir x-strale en om weer die dokter te sien het so vinnig verby gegaan omdat die paramedici kort kort by ons ingeloer het en ons bly gerusstel het. 

Gedurende die tyd wat ons by die hospitaal was het CrisisOnCall 2 keer gebel om te hoor of die dokter ons al gesien het en wat die stand van sake is.“ (Brief verkort) 

Renier en Debbie Viljoen - Thabazimbi


ONDER VOERTUIG VASGEKEER

Op Vrydag 15 Februarie 2008 het ek soos gewoonlik op my motorfiets met die Ben Schoeman snelweg werk toe gery. Ek het dit nodig gevind om in die noodbaan te stop om ondersoek in te stel na ‘n moontlike meganiese probleem. Terwyl ek my motorfiets tot stilstand gebring het, het ‘n motor van agter teen my gebots. Ek was gedeeltelik onder die motor vasgepen toe alles tot stilstand kom.

Ek was in ergere pyn en het geskree dat iemand die motor van my afkry. Van hierdie punt af was ek net vaagweg bewus van wat om my aangaan. Die motor en my motorfiets is van my af verwyder. Ek het geweet my CrisisOnCall bandjie is om my regter pols en het my handskoen verwyder, my arm in die lug gesteek en gesê “bel”. ‘n Onbekende persoon wat gestop het om te help het dit herken as ‘n CrisisOnCall identifikasie bandjie en het geskakel. Ek kon hoor dat die identifikasienommer gelees word en die volgende oomblik hoor ek dat die persoon wat geskakel het my naam en van herhaal. Dit was toe wat ek geweet het alles gaan regkom, die regte mense is oppad en ek sal goed versorg word tot by die hospitaal.

Dit het nie lank geneem vir die paramedici om op te daag nie. Morne, wat CrisisOnCall geskakel het, het bly vra hoe dit gaan terwyl ons gewag het vir Netcare911 se span om te arriveer. Willie van Netcare911 het die toneel oorgeneem toe hy arriveer. Hy het geweet wie ek was, dat ek ‘n mediese fonds lid is en het my van daar tot by Unitas Hospitaal afgevoer.” Janus Botha.


WOMAN SERIOUSLY INJURED: ARM BAND SPEAKS

Lettitia Van Rooyen’s Mother’s Day was different from most mothers. She left her house very early on the Sunday morning to spend the day with her children. As usual, she wore her arm band.

Scarcely a half-hour from her house, the unforeseeable occurred. Her vehicle broke down, and while in the process of getting the car off the road, she rolled it. An eye witness rushed to help her and immediately phoned the emergency number CrisisOnCall from the number on the sticker on her window.

The paramedic in the control room immediately phoned the nearest ambulance service and asked the caller to see if she was wearing her CrisisOnCall arm band. He had seen it and quoted the membership number.

Because her car had rolled, Letitia’s possessions were scattered in the long grass for 40 meters. Her handbag with her medical details was therefore not easily seen.

Paramedics arrived at the scene very quickly because her medical information had already been received by CrisisOnCall ’s control room. They stabilised her condition and transported her to the nearest private hospital.

CrisisOnCall’s own paramedic also contacted the hospital with the necessary information and kept them informed regarding Letitia’s condition. This enabled them to have the appropriate medical team available. When she arrived at the hospital she immediately received the required treatment. Her relatives were also advised about the accident through CrisisOnCall’s system. Lettitia’s son, who had originally told her about CrisisOnCall had subsequently cancelled his membership, feeling that it was unnecessary. He phoned his thanks in on the Monday after the accident and immediately re-joined saying he had realised that one should “Never say never.” (His words.)


I NEVER DREAMED THAT IT WILL HAPPEN TO ME

I had left for work early on the 20th March 2008. We were going away for the long weekend and I wanted to be able to leave work early. I never dreamed that I would not be spending the long weekend by the sea. Just outside of Benoni a vehicle suddenly swerved in front of me. I only came around when I heard someone talking next to me. He was holding my hand and was busy discussing me. It was a paramedic who was busy speaking to CrisisOnCall. He got the information from my arm-band.

My wife reports that she was quickly informed of the accident in which I was seriously hurt – also by CrisisOnCall. My vehicle was wrecked, and my personal possessions were, well I don’t know where, just gone!

Now, more than two months later, I have been discharged from the hospital and can say thank you for the first time to CrisisOnCall and also to the ambulance service which helped me so nicely.

Today I realise the value of membership to CrisisOnCall and the arm-band. Hannes van Wyk


IDENTIFIKASIE KOM TOT OMROEPER SE REDDING

“Ons sê altyd vir mekaar dat CrisisOnCall een van daardie produkte/dienste is wat jy moet hê maar hopelik nooit nodig sal kry nie. – byna soos korttermynversekering – totdat ……..

Ek het nie geweet ek ly aan ’n maagsweer nie, totdat dit een aand gedurende Maart 2003 aan die bloei gegaan het.

Die restaurant eienaar het die nodige nood oproep van my CrisisOnCall identifikasie gemaak. In ’n kits het CrisisOnCall Ambumed Ambulansdiens (die naaste mediese diensverskaffer) laat weet dat een van hulle lede ’n mediese krisis beleef. Hulle was binne minute op die toneel.

Die storie agter die storie het ek eers na die tyd gehoor. CrisisOnCall het die mediese ordonnans in die ambulans gebel met inligting oor my mediese geskiedenis. CrisisOnCall het selfs die hospitaal verwittig dat ek oppad is. Mediese inligting is ook deurgegee wat hulle bereik het voor ek by die hospitaal arriveer het.

Selfs terwyl die dokter met my besig was het CrisisOnCall steeds gebel om seker te maak dat alles goed afloop. Hulle het selfs gereël dat ’n geestelike leier my besoek terwyl ek in die proses was om in die hospitaal opgeneem te word.

Sulke diens is iets waarvan ’n mens net hoor. Nou besef ek alles is nie verlore nie. Toe ek verder verneem wat die kostes verbonde aan die ambulansdiens was, en dit my niks kos nie het ek besef dat ek altesaam 27 maande se premiewaarde terug gekry het terwyl ek slegs 4 maande lid is. Ongelooflik!

Wat skort met u? Raak aktief. U kan ’n ander of u eie lewe red!!” Martin Jansen (Omroeper)


FAST REACTION AND INFORMATION TO HOSPITAL OF CARDINAL IMPORTANCE

“Friday night 21 April a health emergency struck me and I lost consciousness. My wife and I are not young anymore and my wife physically not strong. She phoned CrisisOnCall and precisely 15minutes after her call the ambulance arrived and after a few more minutes I was in the nearest hospital and they were able to stabilise me.

When my wife arrived at the hospital and wanted to complete the forms, the lady at reception only said: “Sign hear... All the information was received from CrisisOnCall already and the medical staff are already working with your husband at the trauma unit!” I would like to thank you with this letter and ask that you tell the relevant ambulance staff as well as your staff: “Thank you, you were amazing!!! Carry on like this.” - Madder Steyn


CRISISONCALL SPEAK ON MY DAUGHTER’S BEHALF

Although we have been members of CrisisOnCall for 2 years, we have never previously had reason to make use of their services.

On Thursday evening, on the 5th of July, my daughter Santie was involved in a serious accident outside of Kroonstad.

Fate was against her and according to the police they could not trace her personal possessions at the scene. (Apparently stolen.)

Her lifeline was actually the blue CrisisOnCall arm band which she sometimes wore with some “difficulty”.

According to paramedics from Netcare911 they were quickly able to obtain her important details and to ensure that she was admitted to a private hospital.

The phone call we received just after 1am from CrisisOnCall was not pleasant but they kept us informed about developments and advised us about her condition.

She is presently recovering in hospital but asked us from her hospital bed to thank CrisisOnCall very much for the arm band. - Loraine de Villiers (Polokwane)


BOY INJURED PLAYING RUGBY

Primary school rugby is being highlighted more and more frequently in the media as a result of the seriousness of the rugby injuries which are being experienced at Primary school level these days. My child played rugby this year, and I personally saw how important timely information is. During one of the matches, the unexpected happened to one of his team mates! The child was tackled and fell very badly when a ruck developed. Fortunately the referee recognised the danger and immediately blew the whistle. The child stood up, but collapsed after taking two steps. Paramedics on duty at the game reacted immediately. It seemed as if the child’s back was injured. I noticed the child’s blue CrisisOnCall band was on his arm. One paramedic stabilized the child while the other phoned CrisisOnCall. It was quite apparent that the paramedic was not happy with the patient’s condition. There was some discussion between the paramedic and CrisisOnCall.

The rugby field was cleared and an emergency helicopter was landed on the field. The boy was transported by helicopter to hospital. In view of the fact that the parents were not present, and I know them, I phoned them to advise them of what had happened. They told me that CrisisOnCall had already contacted them and had kept them up to date with what was happening to their son, and the status of his injuries. Now that is what I call exceptional service.” – Lourens Botes.

(A National protocol exists which determines when a patient must/can be airlifted. Paramedics are well aware of when this protocol applies and follow it accordingly. The availability of the air-ambulance, weather situation, landing area etc. also plays a role as to whether to make use of air or road transport - CrisisOnCall)


SON IN TROUBLE AFTER STRONG CURRENT

“We were on holiday in Margate. My 16 year old son, Danie was swimming in the sea. What we did not know was that he was drawn further into the sea by a strong current, and was rescued by lifesavers a kilometre further on another beach. He had already swallowed a lot of water and paramedics had to stabilize him and take him to a local hospital. Fortunately he was wearing his CrisisOnCall arm band on his wrist, and paramedics were able to obtain his medical details. A lady from CrisisOnCall phoned us on the beach where we were still unaware of Danie’s problem. They put us in direct contact with the paramedics in the ambulance that was able to tell us first-hand about his condition. We were able to go to the hospital where he was treated. He was admitted to a private hospital as a result of CrisisOnCall being able to supply his medical information.” – Linda Fourie – Kempton Park.


ARM BAND SUPPLY LIFE SAVING INFORMATION

Members of CrisisOnCall were involved in a serious accident near Paarl on 15th December 2007. We had always received the information material about CrisisOnCall, but had never realized its value. At the scene I phoned CrisisOnCall and the information was immediately available. The asthma sufferer in the family was pointed out to me, one member uses medicine which was important for us to be aware of, and of course their medical aid information, was given both to us and also to the hospital. I must say I was amazed at how well this system works. We were able to offer our complete professional service to stabilize the patients.” – Francois Hogan (Paarl Paramedics)


ARMBANDJIE RED HAAR LEWE

Vrydag, 23 Julie 2004 het vir Riana Mongie net soos enige ander Vrydag begin. Min het sy geweet dat dit ’n dag in haar lewe gaan wees wat sy nooit weer oor wil hê nie. Ongeveer 9:30 die oggend word sy oorval deur twee booswigte onder DF Malan rylaan waar die afrit met Staatsartillerieweg kruis. Die voertuig se venster word gebreek en Riana, wat ’n insulien afhanklike diabeet is, word aangerand en beroof. Sy verloor nie net duisende rande nie maar veg letterlik om haar lewe terwyl sy naarstiglik haarself met insulien spuit.

Sy stop sowat 100 meter van die toneel waar ’n Metro Polisieman, Thinus Robbertse, haar te hulp snel. Hy merk die CrisisOnCall voertuigplakker en kyk onmiddellik vir ’n CrisisOnCall armbandjie. Hy skakel CrisisOnCall en binne minute is paramedici op die toneel. Haar naasbestaandes daag op en verseker dat haar voertuig veilig na haar huis geneem word. Intussen word Riana na ’n hospitaal afgevoer.

Riana het later die volgende gesê; “Toe ek by CrisisOnCall aangesluit het, het ek dit gedoen vir die veiligheid van my dogtertjie wat elke middag van die skool huis toe loop. Min het ek geweet dat dit vir my ook gaan werk. Ek wil net weer waardering uitspreek vir jou en jou span, die werk wat julle verrig betaal mens gewoonlik voor in ’n vyfster hotel.  Ek kan nie glo dat daar nog sulke diens is nie.  Dit maak een ding vir my duidelik en dit is dat julle regtig omgee en ’n verskil wil maak.”


BANDJIE RED PERSOON MET HARTAANVAL

Eerstens wil ek net baie baie dankie se vir die vinnige flinke diens tydens my hartaanval die 30ste Desember 2008 anderkant Brits. My familie en vriende wat saam met ons gekamp het waardeer dit  baie. Ek het die nag om en by 3 uur die oggend wakker geword met ‘n pyn in my bors en kleedkamer toe gegaan. Die pyn het net erger geraak en ek het my vrou wakker gemaak. Ek kon nie asem kry nie en het al hoe meer benoud geword. Niemand het geweet wat om te doen nie en almal het begin paniekerig word want ons was ver van ‘n dokter en hulp. Ek kon nie praat nie maar het net aan my skoonseun my CrisisOnCall armbandjie gewys en aangedui hy moet bel. Ek kon nie veel onthou nie maar my skoonseun sê hulle het geskakel en my toe in die motor gelaai. Die ambulans het ons halfpad tussen Brits en die kamp gekry. Hulle het my oorgelaai in die ambulans en onmiddellik ‘n inspuiting gegee en deurgejaag na die Medi-Clinic in Brits. Ek het ‘n hartaanval gehad en is van daar oorgeplaas na Unitas Hospital in Centurion.

My seun sê dat as dit nie vir my CrisisOnCall bandjie was waar hulle die nommer kon kry en die hulp en ondersteuning wat CrisisOnCall gebied het nie, was die kans groot dat ek dit nie sou gemaak het nie. – Louis Cronje.


INLIGTING ALTYD BESKIKBAAR WANNEER DIE ONVOORSIENE GEBREUR

Op 3 Junie 2005, so ongeveer 19:30.

Die agtergrond – Ek is sewe maande swanger, my man is in die Drakensberge en net ek en my vier jarige seuntjie is by die huis. Ek kan onthou ek het die TV afgesit en om die koffietafel gestap. Die volgende oomblik het ek van my skoen afgetrap en my knie totaal ontwrig. Dit is geweldig pynlik en jy bly waar jy val.

Ek het baie benoud en in pyn vir CrisisOnCall gebel. Leon het geantwoord. Dit was ongelooflik. Hy het my dadelik gerus gestel en verneem wat fout is. Nadat ek hom die situasie meegedeel het, het hy dadelik beheer van die situasie geneem.

Hy het die ambulans gestuur en ‘n vriendin gebel om na my seuntjie om te sien.

My vriendin en ER24 se ambulans het opgedaag en David en Janetta het my dadelik begin gemaklik maak en gehelp.

By die hospitaal aangekom, het die hospitaalpersoneel my alreeds ingewag – my lêer reeds oopgemaak met al my besonderhede in.

Ek het tot vandag toe geen vorms ingevul nie!! Dit was wonderlik om te weet alles was reeds gereed vir  my en almal het reeds van my toestand sowel as my allergieë geweet voor my aankoms.

BAIE DANKIE aan CrisisOnCall – die situasie kon so maklik anders uitgedraai het.

Liezel Martens


ATTEMPTED HIJACKING

“My parents were involved in an attempted hijacking on Thursday on the Krugersdorp Freeway near Diepsloot. They hit a stone which was on the left side of the road. Their car rolled and they and a colleague were seriously hurt.

A Samaritan who saw it happen, stopped and contacted CrisisOnCall from the number on my dad’s armband. The emergency personnel were quick to arrive at the scene of the accident. CrisisOnCall phoned me as their next-of-kin, and asked me to meet them at the hospital.

Once there the medical personnel told me how they were able to get all the necessary details from CrisisOnCall. The person who helped my parents was also there. He related that the police riot squad was also very quick to arrive, as well as ambulance and medical personnel.

My father’s colleague was not as fortunate. He was taken to a state hospital because they were apparently unable to locate either medical aid or relatives. All my parents’ possessions were gone and we can only assume that the potential hijackers stole everything before the Good Samaritan could stop.

Thank you CrisisOnCall. I myself have often had reason to make use of your services and I also persuaded my parents to join you about two years ago. People who think it unnecessary to join CrisisOnCall must think again.” (Translated)
(Submitted by Sandra Luyts)


KIND HELP ONDERWYSER

Ek beskou myself as die mees lojaalste lid van CrisisOnCall. Die middag van 2 Junie 2009 is ek besig om rugby af te rig by my skool. Dit was ongeveer 16:10. Omdat ek 'n vlak 3 noodhelper ook is ken ek die simptome van 'n hartaanval of soortgelyke situasies.

In 'n baie ontspanne luim gaan ek rustig voort om die seuns lekka moeg te maak toe ek skielik 'n pyn in die bors voel. Eers het ek gedink dit is maar net weer 'n wind wat vashaak.
Maar na 2-3 minute is die pyn nog steeds daar en ek begin duiselig voel en ook is die pyn besig om op te beweeg na my skouer en af in my linkerarm tot by my elmboog. Ook begin ek koue sweet kry en my mond is so droog soos die Saharawoestyn. Ek besef onmiddellik dat hier fout is en ek roep een van my mede-afrigters. (My mediese fondskaart is natuurlik nie byderhand nie.)

Hy bel dadelik CrisisOnCall van my bandjie. Gou word hy gerus gestel dat die ambulans oppad is. Toe ek weer sien staan daar 'n respons kar en 'n ambulans langs my op die rugbyveld. Die paramedikus het onmiddellik my op my naam genoem en met my gepraat asof ons mekaar jare lank ken. Sy was ook duidelik ingelig oor my medikasie, allergie en mediese kondisies. Gou het hulle my gerus gestel en gestabiliseer.

By die hospitaal aangekom moes my vrou slegs 'n vorm teken en ek word opgeneem. Die hospitaal het reeds al my mediese inligting van CrisisOnCall ontvang. Volgens die kardioloog was ek baie gelukkig dat, soos hy dit noem, dit 'n goeie waarskuwing was dat ek na my lewenstyl moet kyk en die stres verminder. Na vele toetse is ek twee dae later ontslaan.

Weer eens het CrisisOnCall hulle werk uitstekend gedoen, soos wat 'n mens van hulle gewoond is. Ek het so tussen deur gehoor dat iemand van CrisisOnCall ook gebel het om te hoor hoe dit gaan.

Elke slag as ek 'n advertensie oor die radio hoor van die of daardie bystand dan lag ek, want ek weet ek het die beste bystand wat 'n mens kan kry. 

Weer eens baie dankie CrisisOnCall -  Martin Vrey


 DIT GAAN NIE MET MY GEBEUR NIE

Dit gaan nie met ons gebeur nie. Hierdie gedagte was altyd in my kop maar ‘n vriendin oortuig my om tog maar by CrisisOnCall aan te sluit. Ek kry selfs my kinders, tieners, om die bandjies te dra.

Daardie Vrydagaand 27 November 2009 sal ek nooit vergeet nie. Ongeveer 23:00 lui my man se foon. Dit is ‘n stem uit die CrisisOnCall beheersentrum.

“Jou seun was betrokke in ‘n ernstige ongeluk op die N1”. Net toe ek wou histeries raak vra die persoon om met my te praat. Sy gee my die gerusstelling dat hoog opgeleide paramedici besig is om met Johan te werk. Hulle weet alles wat hulle moet weet van Johan en hy word na Wilgeheuwel Hospitaal geneem.

Ek en my man ry na die hospitaal en word gereeld op hoogte gehou. Later word ek direk met die paramedikus gekoppel want my senuwees is gedaan. Hy verseker my dat Johan kritiek maar stabiel is. “Wat beteken dit?” Die stem uit die sentrum neem oor en verduidelik. Daar sak ‘n kalmte oor my neer.

Sy bandjie het die praatwerk gedoen. Dankie Samantha dat jy ons van CrisisOnCall vertel het. – Louise Van wyk


SEUN ERNSTIG BESEER BY RUGBYWEDSTRYD

Ons doen gereeld mediese sportbystand by sportbyeenkomste. Vanoggend het ‘n seun, 14 jaar oud, wat by ‘n besoekende skool rugby gespeel het sy pelvis gebreek. Hierdie is ‘n baie ernstige besering en ons moes hom inderhaas na ‘n hospitaal afvoer waar hy behandeling kon kry. ‘n Privaat hospitaal is net om die draai van die skool.

Sy ouers was nie teenwoordig nie en die afrigter kon nie help met mediese inligting nie. Die seun kon wel sê dat hulle aan ‘n mediesefonds behoort. Gelukkig het hy sy blou CrisisOnCall armbandjie aan gehad en kon ons alles oor hom van die CrisisOnCall beheersentrum kry.

Ek as paramedikus haal nooit my CrisisOnCall bandjie af nie want ek sien gereeld hoe die bandjie ons help om lewensbelangrike inligting tydig te kry. Daar is ongelukkig meer gevalle waar kinders nie sulke bandjies dra nie en dan moet ons skarrel om die regte inligting te kry. Soms sonder sukses! Soos ons altyd sê, Tyd = Lewe.  - Rudie Coetzee


SEUNTJIE KRY SEER EN MA IS HISTERIES

Johantjie was twee weke gelede by ‘n partytjie in Garsfontein waar hulle met hulle fietsies of skateboards kon ry.  Ek wou nie hê hy moes gaan nie, maar hy wou vreeslik graag gaan.  Ek gaan toe maar saam, en staan toe op die balkon saam met die ander mammas. Die kinders het lekker om die baan gery toe ek ‘n hengse slag hoor.  Een van die Pappas het geskreeu: “Bel ‘n ambulans!!!” en toe ek omkyk, toe herken ek Johantjie net aan sy T-hemp.  Hy was bedek met bloed, sy ogies, sy koppie, arms, selfs sy tekkies was dadelik vol bloed.  Ek het net een skreeu gegee, en toe van die balkon af gespring om vinniger by hom te wees.  Nodeloos om te sê, ek skeur toe al die ligamente in my voet, en ons is toe saam weg hospitaal toe.  By die hospitaal is hy dadelik teater toe, en ek x-trale toe.  Dit was die langste uur en ‘n half van my lewe! Ek het nie geweet hoe seer hy gekry het nie, maar geweet hy het vreeslik baie bloed verloor.

Ek, Willem, my ma en Johantjie het ons CrisisOnCall bandjies aangehad, maar ek was so buite myself dat ek dit nie eers ‘n gedagte gegee het nie.  Eers toe ons by die hospitaal aankom, en ek besef ek het nie my handsak, my beursie, my mediese kaart, NIKS by my nie, en ek heel moedeloos voel omdat die mense my nie glo dat ek ‘n mediese fonds het nie, het een van die mense opgemerk: “Maar jy het dan ‘n CrisisOnCall bandjie aan! Bel hulle!” Die call centre was GREAT! Hulle het selfs die inligting vir Kloof deurgefaks.

Anél de Meyer


INLIGTING NAMENS LID BESKIKBAAR GESTEL AAN HOSPITAAL

Ek is al ‘n hele paar maande by CrisisOnCall.  Met my Desember vakansie ongeluk, die leer het gegly en het na die geut gegryp en drie vingers lelik gesny ~ legemente af.   Ek het CrisisOnCall gebel en was minder as ‘n uur daarna opgeneem in die Eugene Marais Hospitaal. CrisisOnCall het ‘n ambulans gestuur en het al my inligting (naam, mediese-fonds ens.) aan  Eugene Marais Hospitaal gegee.

Michael


Copyright © 2009 CrisisOnCall
  
Receive emergency care, life saving information as well as free ambulance and paramedic services from CrisisOnCall in addition to our toll-free crisis line, trip monitoring and roadside assistance and the surety of our identification armbands.
Emergency Care | Life Saving Information | Free Ambulance | Paramedic Service | Trip Monitoring | Toll-Free Crisis Line | Roadside Accident Assitance | Identification Wristband

Home |About Us | History | Shocking Facts | Why CrisisOnCall? | Bottom Line | Solutions | Call Centre | Mission and Values | Questions and Answers | Partners | Disclaimers | Terms and Conditions | Product Descriptions | Identification Products | Effective Identification | Identification Arm Band | Trip Monitoring | Downloads | Crisis Line | Trip Monitoring | Identification | Transport | Telephone Advice | Roadside Assist | Legal Assistance | Household Assist | Missing Persons | Contact Us | Site Map |SEO