EFFECTIVE IDENTIFICATION
|
|

|
Benefit:
Description:
|
Wrist band that link to important information i.e. medical aid, allergies, medical conditions, medication, next of kin, etc.
Wrist band with the emergency number and a unique number at the back. This wrist band will help paramedics to obtain life saving medical information.
(This identification items will speak on you or your family’s behalf when you or they can’t)

|
| |
|
|
IMPORTANT LIFE SAVING INFORMATION
|
 |
Benefit:
Description:
|
Personal information of the client will be available in case of an emergency
Medical aid, allergies, chronic medication, disability, medical condition, next of kin and other important information will be available to medical and emergency personnel. (Information will be treated confidential.)
|
"A mute bracelet on your arm, can help you one day, if you are unconscious the mute bracelet can get you in the right aid, book you into the right hospital, get the right doctors and it can even get you the permission for an operation if necessary, It can notify your family and friends, think of your surprise when you awaken and your life is saved. This through a mute bracelet with the right references on it. Join CrisisOnCall immedieately." (J. Jacobs)
The Identification Circle:

CrisisOnCall has developed a unique, effective identification system which is worn on your wrist, and it holds the key to unlock all the necessary information to save your life, in any and all sorts of emergencies at a price that is low enough not to feel it, and unbelievable, after our assistance is there when you need it most.
The PASF (Private Ambulance Services Forum) recommend the CrisisOnCall's identification wrist band to all South Africans.
WATTER NAVORSING IS GEDOEN TEN OPSIGTE VAN DIE CrisisOnCall BANDJIE?
Gedurende 2001/2002 het ‘n Adviesraad bestaande uit paramedici, polisie, brandweer en ander trauma personeel ‘n studie gedoen oor die moontlike oplossing van ‘n probleem wat reeds jare lank lewens kos in die nood mediese omgewing en waar paramedici van tyd tot tyd baie gefrustreerd raak met die bekom van tydige inligting.
Hierdie studie is weer gedurende 2009 herhaal.
Elke mens is op sy eie gebied ‘n kenner en dra nie altyd kennis van die frustrasies wat ander mense beleef wanneer hulle hul professionele diens wil lewer nie. Een hiervan is die van ‘n paramedikus. Hierdie mense is intensief op nood mediese hulp opgelei en het ‘n passie om mense in nood van hulp te wees. Daar is egter verskeie aspekte wat soms ‘n rol speel wat hulle verhoed om hul kundigheid 100% te gebruik.
DIE PROBLEEM
Wanneer ‘n mens vir ‘n operasie moet gaan word dit in die meeste van die gevalle beplan en kan die pasiënt by aankoms aan die hospitaal personeel inligting (mediese fonds, allergieë, kroniese medikasie en mediese toestande) kommunikeer. Hierdie inligting word voor die tyd geneem aangesien die pasiënt op die operasietafel nie kan praat nie en dus geen inligting kan deel nie.
Wanneer iemand in ‘n botsing of nood situasie ernstig beseer is of bewusteloos is kan hy ook nie kommunikeer nie. In hierdie geval egter word ‘n nood situasie nie beplan nie. Dit beteken dat daar nie vooraf inligting verskaf kon word nie.
Die paramedikus is dan in die benarde posisie dat hy moet werk met wat hy het. Hy tree volgens sy protokol en opleiding op. Soms vind daar ‘n teenreaksie plaas en moet hy alles los en eers die nuwe probleem aanspreek. Kosbare tyd gaan so verlore en kan dit ook die behandeling van die pasiënt benadeel of selfs die afsterwe van ‘n pasiënt beteken.
Tydens die studie was die bogenoemde aspek die enkele grootste probleem wat deur paramedici uitgelig was.
Ander aspekte soos die inligting van naasbestaandes, die feit dat daar nie ‘n effektiewe nasionale noodnommer bestaan nie en ‘n gebrek aan ‘n “eenstop diens” is ook deur die adviesraad uitgewys.
OPLOSSING
Die Adviesraad het deur middel van navorsing tot die slotsom gekom dat daar ‘n nasionale noodsentrum geskep moet word sowel as ’n bruikbare praktiese identifikasiestelsel.
IDENTIFIKASIESTELSEL
Verskeie opsies is oorweeg en geëvalueer. Inaggenome dat die inhoud van ‘n voertuig ver van die voertuig tydens ‘n impak botsing kan beland en die feit dat die diefstal van pasiënte ‘n ongelukkige realiteit in die land is, moes iets ontwikkel word wat nie duursaam lyk nie maar wat in alle sport en ontspanningsomstandighede steeds 100% as kommunikasiemiddel gebruik kan word. Die kommunikasie van nood inligting soos die pasiënt se allergieë, mediese toestande en kroniese medikasie, ens. moet geredelik beskikbaar gestel word. Die identifikasiestelsel moet dus ook gemaklik opgedateer kan word.
Nadat verskeie opsies oorweeg en geëvalueer was (kettinkie, geweefde bandjie, rubber armband, ens.) het die CrisisOnCall bandjie soos dit vandag daaruitsien as die beste opsie uitgekom.
Ons moet onthou dat die bandjie gemaak is om die paramedikus by te staan en nie om vir die kliënt mooi te lyk nie. Sodra die diefstal van pasiënte se besittings iets van die verlede is kan gekyk word na ‘n estetiese armbandjie wat sag op die oog is maar tot dan is die blou bandjie die oplossing.
Kan mens voorkoms en die praktiese teenoor mekaar opgeweeg en dan bevind dat voorkoms beter is? Onthou, daardie blou bandjie gaan eendag namens jou of jou gesin “praat” wanneer dit die minste verwag word. Dra asseblief die bandjie, dit is in jou en jou gesin se eie belang.
Marius Vermaak Uitvoerende Direkteur: CrisisOnCall |