LEGAL ASSISTANCE

WIE HET NOU REGSADVIES NODIG

Gerhard word een oggend in ’n padblokkade afgetrek en volgens die verkeersbeampte het hy ’n uitstaande boete teenoor sy naam. Gerhard se voorland is om sy voertuig daar te laat en met ’n bus na ’n perseel te gaan waar hy sy boete moet betaal. Hy dra egter nie kennis van enige lasbrief of dagvaardiging nie. Hy skakel vir regsadvies en die prokureur praat direk met die verkeersbeampte. Binne minute word hy “vrygelaat” aangesien die prokureur oor sekere regskennis beskik wat die verkeersbeampte verhoed om voort te gaan met sy aksies.


REGSADVIES IS ‘N WENNER

Ek het my bakkie op Saterdag 17 Januarie 2004 privaat verkoop en het vinnig ‘n koop/verkoopooreenkoms benodig. Een oproep na CrisisOnCall se regsafdeling en binne 30 minute was die kontrak geteken.

Nadat die prokureur ‘n paar vrae telefonies gevra het, is ‘n konsep aan my per epos gestuur. Ek het dit voltooi en weer geskakel om te verseker dat alles korrek is.

Selfs uitstaande- en nuwe verkeersboetekaartjies is aangespreek in die kontrak.

Sowaar! Jou eie prokureur 24 uur per dag.

Johan Casteleijn


KONTRAK MET MY HUISWERKER

Ek het gehoor dat CrisisOnCall se regsafdeling kan help met 'n huiswerkerskontrak. nadat ek die noodnommer geskakel het en met 'n Afrikaanse regsadviseur Paul gepraat het, het hy vir my 'n kontrak per epos gesuur sowel as dokumente wat betrekking het.Ek het hom ook 'n paar keer gebel om seker te maak ons hanteer die kontrak reg. Hy was baie geduldig en het ons met alles gehelp en alles mooi verduidelik.

Dit het ons niks ekstra gekos nie. Toe ons 'n porbleem met die huiswerker opgetel het kon ons weer skakel vir advies. Dit was baie lekker om te weet dat daar 'n prokureur is wat ons kan help met al die lastige vrae en omstandighede. Sy kennis was fantasties en ons kon die regte besluite neem wat ons baie geld gespaar het.

Baie dankie vir julle vinnige en professionele hulp.

Sandra Erasmus


HULP BY BOTSING

Ek was betrokke in 'n ligte botsing met 'n baie onvriendelike en dreigende man. Ek besluit toe om julle te skakel. Die regsafdeling het my baie mooi gehelp en die ou het nogal geskrik toe hy hoor ek praat met my prokureur. Hierie oproep en hulp het my baie moeite en dalk verdriet gespaar.

Nadia Venter


 

Copyright © 2009 CrisisOnCall
  
Receive emergency care, life saving information as well as free ambulance and paramedic services from CrisisOnCall in addition to our toll-free crisis line, trip monitoring and roadside assistance and the surety of our identification armbands.
Emergency Care | Life Saving Information | Free Ambulance | Paramedic Service | Trip Monitoring | Toll-Free Crisis Line | Roadside Accident Assitance | Identification Wristband

Home |About Us | History | Shocking Facts | Why CrisisOnCall? | Bottom Line | Solutions | Call Centre | Mission and Values | Questions and Answers | Partners | Disclaimers | Terms and Conditions | Product Descriptions | Identification Products | Effective Identification | Identification Arm Band | Trip Monitoring | Downloads | Crisis Line | Trip Monitoring | Identification | Transport | Telephone Advice | Roadside Assist | Legal Assistance | Household Assist | Missing Persons | Contact Us | Site Map |SEO