ROADSIDE ASSIST
DIE EKSTRA MYL
Hiermee my opregte dank aan die personeel van CrisisOnCall maar ook aan D&S Towing Services. My voertuig het 600 meter voor Carousel Plaza op die N1 suid warm geword en gekook. Ons het CrisisOnCall geskakel en was Loreal ongelooflik behulpsaam. Binne 'n uur na ons geskakel het het D&S Towing Services gearriveer en my voertuig opgelaai en ook myself en my seun en sy vriend saam met die voertuig geakkommodeer. Nie alleen het Charles van D&S Towing Services ons veilig tuis besorg nie, maar ons ook gehelp om te kyk na die probleem waarom die voertuig oorverhit het en sommer gehelp om vinnig die rediator te spoel en te verseker my voertuig is veilig in die garage. Aangesien my man in 'n rolstoel is, het ons die ekstra hulp waardeer.
Die goeie hulp het nie hier geëindig nie. My seun het sy beursie in die insleepvoertuig vergeet en ons het Charles geskakel. Hy het teruggeskakel en gesê hy het die beursie gekry en het ons die beursie gaan afhaal.
Baie dankie CrisisOnCall en D&S Towing Services. Dankie Charles vir die ekstra moeiete en hulp wat jy verleen het. Ons waardeer dit opreg.
Wessie en Elsa van der Westhuizen (RPT000108)
GOEIE DIENS IS SKAARS
Danie Martins stuur weekliks 'n Afrikaanse nuusbrief uit na 'n paar duisend mense oor die wêreld. So het hy sy nuusbrief op 8 Junie 2010 begin:
Liewe Vriende, Vandag moet ek 'n lansie breek vir CrisisOnCall. Lesers moes al in die verlede van die advertensies in ons geselsbriewe gesien het van CrisisOnCall. Laat ek kortliks verduidelik wat die instansie doen: Indien jy reis en langs die pad kry jy teenspoed, dan is die ouens daar om jou te help. Dit geld byvoorbeeld vir wanneer jy in 'n motorongeluk betrokke sou wees, maar ook vir ander teenspoede. Wanneer jy lid word van hulle, dan gee jy al jou besonderhede vir hulle, dis nou goed soos: waarvoor is jy alergies, watter mediekasie gebruik jy, wie moet gekontak word as jy bewusteloos langs die pad lê, wie jou huisdokter is ens. Daar word ook aan jou 'n bandjie uitgereik met jou lidnommer. Die bandjie word om die arm gedra en dan kan die nommer gebruik word as jy nie in staat is om self te praat nie. Ongeveer twee weke gelede het ek vertel dat ons voertuig by Ventersburg loop staan het en dis waaroor ek wil gesels. Ons voertuig het vroegoggend gaan staan en gelukkig kon ons ry tot by die vulstasie se parkeerterrein. Daar sit ons toe, ken geen siel op die plek nie. Vroutjie, Ria, het haar CrisisOnCall-bandjie aangehad en ek neem die lidnommer en loop na die naaste telefoonhokkie en skakel CrisisOnCall se tolvrye nommer. (Dit was die eerste ding wat gratis was - om tolvry te bel). Die persoon wat my te woord staan wil weet hoe hy ons kan help en ek verduidelik dat die Corola nie 'n duim verder wil loop nie. Hy vra ons lidnommer en ander persoonlike gegewens en onderneem om ons binne minute terug te skakel. Geen 10 minute later skakel hy op die selfoon en sê dat hy gereël het dat 'n insleepvoertuig ons tot by Welkom sal insleep. Hy gee ook die persoon se naam en kontakgegewens en sê dat dit ons niks sal kos nie. Ek beduie toe aan hom, dat sover ek weet is Kroonstad nader as Welkom en ons verkies om liewers na Kroonstad te gaan, want dan is ons sommer nader aan die huis. Weer word 'n belofte gemaak dat ons teruggeskakel sal word. Minute later lui die selfoon en die persoon deel ons mee dat gereël is dat ons na Kroonstad ingesleep sal word. Hy het ook die twee keer gesê wat die insleepkoste is en dat ons dit gratis gaan kry. As ek reg kan onthou was die insleep na Welkom bietjie meer as R1300 en na Kroonstad net oor die R1200. Ons word toe ingesleep na Kroonstad. Haai, nou vertel ek 'n leuen. Ons is nie ingesleep nie, ons met voertuig en al is op die insleepvoertuig gelaai en ons kon tydens die rit heerlik sit en die natuur geniet, nie dat ek dit baie geniet het nie, want my brein het oortyd gewerk aan planne oor wat ons te doen staan. (Dit was ding nommer 2 wat gratis was - ons is gratis ingesleep.) Ons kom in Kroonstad aan en die insleepvoertuig neem ons na 'n motorhersteller. Hy het die voertuig se engin bekyk en sekere toetse gedoen en toe aangekondig dat die skade moontlik nie baie erg is nie, maar dat 'n deeglike ondersoek sal aantoon wat die werklike skade is. Hoe dit ookal sy, ons sal nie die voertuig dieselfde dag kan kry nie. Ons volgende probleem is toe waar ons gaan oornag. Weer word CrisisOnCall geskakel en verduidelik wat die bevinding is en dat ons iewers sal moet oornag. Weer word aan ons gesê dat hulle binne minute vir ons sal terugskakel. Met die terugskakeling word ons meegedeel dat vir ons plek bespreek is in die plaaslike hotel en dit gaan ons nie 'n dooie duit kos nie. (Dit was die derde ding wat gratis was - gratis verblyf vir die nag). Nou moet ek eerlik wees en sê dat ek en hotelverblyf nie vriende is nie. Die kere in my lewe wat ek wel in 'n hotel oornag het, het ek my slaapsak en my eie kussing saamgeneem, dat ek darem in my eie beddegoed kan slaap, want ek weet mos nie weer voor my daar geslaap het nie ens. ens. ens. Hierdie keer kon die slaapsak-idee nie werk nie, want ons het nie slaapsakke saamgeneem nie. Ek en die twee meisies in my lewe hou kajuitraad en besluit dat ons liewers vriende sal bel om ons te kom haal, eerder as om in 'n hotel te oornag. Punt is egter dat CrisisOnCall bereid was om vir die hotelverblyf te betaal. Om af te sluit kan ek nie anders as om net met die grootste lof van CrisisOnCall te praat nie. Hulle diens was in een woord - UITSTEKEND. Beter diens kan 'n ou beswaarlik bedink. Ek het tog nog een opmerking: Hulle het ons iewers tydens ons penarie sommer net gebel en gevra of ons rustig is en of daar iets anders is waarmee hulle kan help. (Dit was die vierde ding wat gratis was - hulle belangstelling). Hulle het ons beslis ons nie aan ons lot oorgelaat nie en ons kan hulle regtig aanbeveel vir daardie dag wat jy moontlik 'n probleem met jou voertuig gaan kry.
Indien jy wil inteken op die nuusbrief gaan na www.egafrikaans.co.za/adres.asp
OMROEPER WORD OP DIE PLATTELAND GEHELP
'n Kort skrywe om dankie te sê vir 'n ongelooflike organisasie soos CrisisOnCall. Ek weet waarlik nie wat ek sou gedoen het sonder julle nie. Laas Saterdag nag (eintlik Sondagoggend) was ek en Mauri op pad huis toe, sowat 15 kilometer vanaf Thabazimbi. Ek het uitgesaai tot om middernag. Dit is ons gewoonte om voor ons vertrek die petrol vlak na te gaan. Die naald het op kwart gewys, maklik so vyf keer dorp toe en terug. Groot was die skok toe ons 11km vanaf die dorp sonder petrol gaan staan. Dit is donker en boonop is ek rolstoel gebonde. Net een oplossing. Bel CrisisOnCall. Anna en Wayne het tot ons redding gekom. Nie net het hulle die SAP gebel en na ons gestuur maar hulle het 'n nooddiens gekontak wat spoedig op die toneel was. Flinke diens was aan die orde van die nag! Boonop het Wayne elke 10 minute geskakel om seker te maak dat ons veilig is. Ons gevoel is dat die twee die spreekwoordelike ekstra myl gestap het vir ons. In vandag se samelewing is dit 'n spesiale soort belewenis wat slegs deur ekstra spesiale mense verrig kan word! Sonder CrisisOnCall en sy medewerkers weet ek nie waar en hoe ons geholpe kon raak nie. Woorde het ek en Mauri nie om ons dank te betuig nie. Een woord som dalk die situasie nie goed genoeg op nie maar dit som ons gevoelens op: FANTASTIES! Opregte dank en Groetnis, Tobie Lombard Die Kwêvoël Thaba Stereo 104.9FM
SONDER BRANDSTOF OP DIE PLATTELAND EN IN SWAK WEERSOMSTANDIGHEDE
Gedurende Sept.2009 koop ek ‘n ouerige Mobiele karavaan as winskoop. Ek en die familie besluit toe impulsief om daarmee te gaan blomme kyk in die Wes-Kaap sonder dat ons die voertuig enigsins getoets of ge-“testdrive” het.
Ek wil jou nie met verdere details verveel nie behalwe as volg:
Op pad tussen Garies en Springbok begin beide die brandstof-tenk lesings vinnig daal. 16 km. vanaf Springbok, agt-uur die aand in gietende ysreën gee die “Van” twee hoesies en gaan staan petrolloos. Wat nou? Ek oorweeg opsies soos pad vat te voet na Springbok, duimgooi soontoe op die pad waar net af-en toe ‘n voertuig verby kom. Pa, vra my seun wat was daardie bandjie wat Pa op ‘n stadium vir my gewys en van vertel het: Iets soos krisis-iets. Kan hulle ons nie help nie. Ek sê tot my skande moet ek sê, ek het skoon van hulle vergeet. Gelukkig kry ons die nommer op my selfoon. Ek bel.
Mense, binne 20min. stop ‘n bakkie by ons met ‘n vriendelike outjie en 20 lit petrol. Ons gooi in ry agter hom aan dorp-toe tot by die naaste karavaan park. Ek wil hom betaal maar hy weier. Hy se hy en CrisisOnCall sal dit uitsorteer. Volgende oggend kom kuier hy weer, net om seker te maak als is reg. Sowat van diens het ek nog nie ervaar nie, maar wat my so sleg laat voel is dat ek my voorgeneem het om so gou moontlik met julle te skakel en te bedank en ek dit nou eers doen, asook dat ek die knaap se naam vergeet het en waarvandaan hy was.
Weereens, BAIE DANKIE CrisisOnCall.
Koos Minny
WANNEER JOU VOERTUIG ONVERWAGS BREEK
Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om u en die personeel te bedank vir die puik ondersteuning wat ek die afgelope tyd van veral Leverne en Stanley ontvang het.
Op Maandag 30 Desember 2002 was ek vanaf Ashton na Swellendam oppad, toe my voertuig onklaar geraak het sowat 30 km buite Swellendam.
Ek het CrisisOnCall geskakel, met Leverne gepraat en haar daarvan verwittig. Ek moet eerlik wees om te sê dat ek baie skepties was om ‘n vinnige reaksie te kon verwag.
Leverne het toe binne ‘n paar minute terug geskakel om te bevestig dat ‘n insleepdiens gereël was. Tot my verbasing was daar ‘n insleepdiens op die toneel binne 20 minute nadat ek geskakel het.
S.W.D. Motor onderdele vanuit Swellendam het die insleepdiens behartig. Ook hulle het geen moeite ontsien om my te help nie.
Leverne het daarna verskeie kere uit vrye wil geskakel om te verneem of alles onder beheer was en of daar moontlik iets anders was waarmee sy kon help.
Na verskeie pogings om my voertuig ter plaatse te herstel het ek besluit om dit na Pretoria te karwei.
Die eerste kwotasie wat ek gekry het was R 9,000.00. Ek het toe weer met CrisisOnCall geskakel waar Stanley onderneem het om namens my ‘n beter kwotasie te kry.
Stanley het binne 30 minute terug geskakel en my in suiwer Afrikaans aangespreek, wat my summier beïndruk het. Sy kwotasie was toe R 2,300.00 gelaai deur Motor Via tot by die handelaar in Pretoria.
Ek het gereelde spontane oproepe van Leverne en Stanley ontvang om te verneem of alles in orde is en ook om ons die versekering te gee dat alles gereël is.
Die insleep kostes na Swellendam sowel as my verblyf in ‘n gastehuis die eerste aan te Swellendam is deur CrisisOnCall betaal as deel van die Auto pakket.
Om op te som wil ek graag noem dat in vandag se tye waar flinke diens en toegewydheid so taboe soos sneeu in die Karoo is, ek en my familie baie beïndruk en tevrede is met die diens wat ons van CrisisOnCall gehad het.
Ons kan dit met alle eerlikheid aanbeveel.
Baie dankie nogmaals,
David en Theresa van der Merwe.
THE EXTRA MILE
Buks Erasmus writes the following amongst other things:
Since everyone is discussing the wonderful service which CrisisOnCall offers, the Erasmus family decided to make use of the trip monitoring service when they travelled from Pretoria to Richards Bay. He tells of the outstanding trip monitoring while they were travelling. On their return trip his caravan began to give trouble. The incident manager decided to make more frequent calls. It was on the N4 where he became stranded in the fast lane with his caravan still attached to the vehicle.
He phoned the CrisisOnCall emergency number and things began happening very quickly. Besides the tow-in service, the N4 Patrol (Trac Assist) was also dispatched to ensure the safety of the area. The vehicle and caravan were towed back; - he was even assisted by the service provider to pull the caravan in under the carport at his home!
Besides the fact that the incident manager and the person who relieved him, phoned more frequently, they only stopped calling when he assured them that he and his family had arrived safely at home and everything was in order. “Adversity can happen with anybody even when your vehicle is in the best condition. Johan Pieterse from Trac Assist conceded that CrisisOnCall offers the best service he has experienced in his career and is described here by him as a little-known treasure” – Buks Erasmus
WANNEER JOU VOERTUIG OP 'n GEVAARLIKE PAD BREEK
“Ek wil dankie sê vir julle dat julle my gisteraand (6 Mei 2010) gered het toe my kar op die R21 in die nag gebreek het. Ek het my suster wat kom kuier vanaf Kanada gaan haal by die lughawe en sy kon nie glo hoe professioneel julle is veral met al die negatiewe publisiteit oorsee nie. Sy het gedink gisteraand sterf ons langs die pad. Die dame Lettie by die beheersentrum het hulp ontbied. Ek kon dit nie glo nie!!! Dit was gevaarlik en die polisie het ook gekom en by ons gebly tot die insleep voertuig gekom het. Als het so glad verloop en ek is nie ingedoen deur die tradisionele insleep aasvoëls nie. Ek het die ergste verwag na al die programme op Carte Blanche. As ‘n realis in Suid Afrika het ek gisteraand net die teenoorgestelde beleef: goeie diens, opregte polisiemanne, eerlike tow trucks en mense wat omgee vir jou in nood.
Ek was nog altyd trots op CrisisOnCall, maar gisteraand was my eerste groot nood. Ek dink nie mense besef watter voorreg dit is om een nommer te bel om jou uit ‘n komplekse nood situasie te kry nie.” - Kolonel P. J. (Bobby) Keller, MBA (UK)
WHEN YOUR VEHICLE BREAK TWICE WHILE ON HOLIDAY
“We (my husband, young son and I) left Pretoria early in the morning of 19 September 2007 on holiday to Gariep dam then on to the Cape. We were monitored every hour and arrived safely at our destination.
Early in the morning on the 6th October 2007 we left Hartenbos to return to Pretoria. Late in the afternoon, 27km before Colesburg our bakkie broke down in the middle of nowhere – the alternator was giving problems. We phoned CrisisOnCall where we immediately received help. All the information was taken, and the necessary arrangements were made.
While we waited for the tow truck we were regularly monitored alongside the road. Late at night, when we arrived in Colesberg, Uncle Phillip was there to repair the vehicle. The morning of the 7th October on the N1 freeway, we were once again on our way to Bloemfontein. Our bakkie broke again on the N1 freeway – 60 kms before Bloemfontein. The fan belt broke this time. Again we phoned CrisisOnCall. They arranged for a tow-in service and for the repair of our vehicle.
COBRA TOWING loaded us on the “rollback” and took us into Bloemfontein. We left for Pretoria that afternoon and reached our destination safely.
We really want to thank the people at CrisisOnCall from the bottom of our hearts. Without them we don’t know what we would have done.
The greatest thanks go to Deon from trip monitoring. He was very friendly and helpful.
Thank you so much.
Okkie, Hannelie en Theo Pretorius
Sarie en Lieb La Cante”
GESTRAND MET GEBARSTE BAND
Gisteraand het vir my bewys dat my aansluiting by CrisisOnCall 'n noodsaaklikheid was. Toe ek gisteraand so teen 19:25 wegry vanaf my kantoor om Groenkloof toe te gaan, het ek nie geweet ek gaan CrisisOnCall nodig kry nie. Ek wou by die apteek gaan Osteoze Gold koop, maar soos wat ek toe uitdraai uit Nelson Mandela in George Storrar, bars my ou karretjie se linker voorste band. Ek dink toe dit is 'n "puncture" en ek sal maar staaaaadig ry so na die garage se kant toe, maar toe sien ek bietjie vonke spat. Trek af en dit lyk toe asof my ou karretjie die briekdans doen soos wat die karre verby jaag. Ek sit soos 'n verskrikte hoenderhen en wag dat die jaagduiwels my ou karretjie se agterkant gaan wegry al het ek die noodligte aan. Vergeet ek mos momenteel ek is deel van CrisisOnCall, en wonder wat gaan ek doen. Ligstraal - my armbandjie!!! Bel net daar en Theo antwoord. Daar sak kalmte toe neer en tjoef tjaf - in minder as 'n uur, is ek en my ou karretjie met sy gebarste band veilig terug by die huis. Spot ek toe mos dat ek in my 49 jaar nog nooit in 'n "tow truck" gery het nie. Het nie gedink ek kan so spesiaal voel in so 'n krisistyd nie! Het die liewe James met sy groot trok darem toe ook in my hart in geklim!! Soveel respek en kalmte. Was skaars by die huis en Theo by CriisOnCall bel weer om net te hoor of alles goed gaan.
Baie, baie dankie vir ongelooflike puik diens in my krisis tyd. Stuur dit uit en vertel dit want ek is so dankbaar dat ek deel van CrisisOnCall se familie geword het. Blessing to All!!! Annelize Roesch
CHILDREN SUPPORTED IN CRISIS
‘I would just like to express my thanks concerning 2 incidents which happened to our family during the recent holiday. Probably they would not be considered as big crises, but to us, believe me, as parents far from our children, they were crises. On Old Year’s Eve, my daughter on the South Coast locked her key in her car and my son had a burst tyre on his way back from the South Coast. It was our first time to report an incident, and in both cases we can only say thank you, thank you, thank you! The children were immediately helped, the person on the phone gave exceptional support and the services sent out were very helpful. We have already advertised CrisisOnCall to all our friends and family members and you will have to be prepared to register all the new members. Thank you so much! It was/is greatly appreciated!” - Leon, Marie, Leon Junior en Elzette Fourie.
GESTRAND SONDER BRANDSTOF
“Ek is in Centurion en hardloop uit brandstof uit. Ek skakel die CrisisOnCall en tot my verbasing vra die persoon aan die ander kant, wat se brandstof gooi ek gewoonlik in. Is dit nie diens van CrisisOnCall nie. 'n Paar minute later skakel hulle my terug om te sê wie gaan vir my brandstof bring. Daar het 20 minute verloop vandat ek die call centre gebel het totdat die mense daar was met die brandstof. 'n Uur nadat ek daar weg is lui my foon en dit is weer die call centre wat skakel om te hoor of alles reg is en ek tevrede is. Dit is puik diens van CrisisOnCall wat gelewer is. En ek beveel CrisisOnCall vir elke huis in Suid Afrika aan, wel ek beveel dit nie net aan nie dit is 'n moet vir elke huis.” – Pieter Engelbrecht
CRISISONCALL BESPAAR MY GELD
Dinsdag 4 November 2008 was ek oppad na my broer se begrafnis in Morgenzon. Een kilometer van my huis af het my Mercedes Vito se koppelaar ingegee. Ek het in eerste terug huis toe gery. By die huis gekom het ek die agente geskakel. Om my in te sleep na die motorhawe sou my R1250 plus belasting kos. Ek het CrisisOnCall geskakel met die hoop dat hulle dalk weet waar ek 'n insleep diens teen 'n meer redelike prys kan bekom. Die persoon het my meegedeel dat ek gedek is om van die huis na die motorhawe gesleep te word. Hy het dadelike 'n voertuig gereël wat my na die motorhawe gesleep het. My voertuig is intussen reggemaak.
Ek en die vrou dra trots ons blou bandjies. - Chris Bothma
SLEUTEL IN VOERTUIG TOEGESLUIT
Ek het vanoggend my sleutels in my voertuig toegesluit. Ek het CrisisOnCall geskakel en bine 1 uur was my motor oopgesluit. Ek wil net vra dat jy my opregte waardering en dank aan die span oordra. Dit is regtig voortreflike diens. Dankie vir CrisisOnCall se vlinke diens. Mag julle geseend wees.
Chrissie
GESTRAND SONDER BRANDSTOF
Ek wil net vir julle baie dankie se vir die diens wat CrisisOnCall vir ons gegee het hierdie vakansie. Ons was oppad Kaapstad toe met ons O/19 Noord Gauteng pluimbal span toe ons 5km buite Baufort-Wes gaan staan sonder petrol. Die petrol meter het nie reg gewerk nie en het nog gewys dat die voertuig sy reserwe petrol oor het. Ek het CrisisOnCall geskakel en binne minute het hulle my terug geskakel en die persoon met wie hulle in Baufort-Wes gereel het vir 10lt petrol om dit vir ons te bring. Binne 'n kwessie van 'n paar minute het die man my geskakel om te hoor presies waar ons staan en 20 minute later het ons ons petrol gekry. Sonder die puik diens sou ons die voertuig of moes 5km ver stoot of loop om petrol te gaan haal het.
Baie Baie dankie vir CrisisOnCall.
Nico Venter
VOERTUIG BREEK - VINNIGE EN PROFESSIONELE HULP
Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om my ondervinding onder u aandag te bring. Op 30 Mei 2010 was ek en my suster op reis na die Kruger Park. Ons motor het onklaar geraak naby Nelspruit. Ek het onmiddelik u organisasie geskakel vir hulp verlening. Die persoon waarmee ons gedeel het was Deon. Hy het uit sy pad gegaan om ons te help. Hy het op 'n gereelde basis gemoniteer om te verseker ons was veilig. Morne het verseker dat die insleep diens ons na die naaste matorhawe geneem het om die voertuig te herstel. Ek will ook my dank betuig aan Chris en Nick van Spectrum Motors in Nelspruit vir hulle flinke diens met die herstel van die voertuig. Ek sal altyd dankbaar wees dat ek 'n lid is van u organisasie. Weereens my opregte dank aan almal wat 'n onaangename ondervinding minder so gemaak het. R. Kruger (Mev.)
|