ROAD- AND AIR TRANSPORT

HELICOPTER TRANSPORT AFTER SNAKE BITE

Elaine Du Preez, with her three children went to visit her father on his farm near Swartruggens. A poisonous snake bit her youngest child, Jaco – the situation soon become critical. She phoned CrisisOnCall and explained the situation to a qualified medical person. A helicopter with a trauma doctor and flight paramedic was dispatched immediately while telephonic assistance was continued.

In a short period of time the helicopter arrived at the farm. Jaco was stabilised and transported with his mother to the Milpark hospital in Johannesburg. His father, who was away from home at that stage, was kept informed about his son’s situation until he arrived at the hospital.

Jaco survived due to the fact that he received the correct treatment at the correct time at no cost to his parents.


BOTSING IN KAROO – VROU WORD GEVLIEG

“Dit was lekker om Desember af te ry Kaap toe met julle wat ons elke uur kontak.  Ons was egter die 12de Desember buite Leeu Gamka in ‘n kop-aan-kop botsing . Ons voertuig het op sy dak te lande gekom maar het weer op sy wiele gedraai.  Die bakkie wat saam met ons in die ongeluk was se enjin en ratkas is met impak uitgeruk.

Ek sal jou sê, daai oomblik vergeet jy van alles. Eers so paar minute later toe Deon van CrisisOnCall my bel met reismonitering het ek weer tot my sinne gekom. CrisisOnCall het alles toe oorgeneem. Alles het darem goed uitgewerk, my vrou het seer gekry, en is op aanbeveling van die dokter by die hospitaal per vliegtuig wat julle gestuur het na Kaapstad gevlieg.  Sy het inwendige beserings opgedoen en ‘n nekwerwel gebreek. Ons 2 jarige is ook lig beseer. Ek en my ander seun is nie beseer nie. Die Subaru met sy veiligheidsmeganismes was ‘n lewensredder.

Ons het darem ons vakansie verder geniet nadat my vrou Rynet ontslaan was..., en die werk het vir my nog ‘n kar gestuur.... hulle het net gevra dat ek hom nie ook afskryf nie.

Dankie vir julle goeie diens en gesindheid.”  - Kean Pienaar

(Hierdie is weer eens ‘n bewys dat mens se brein van skok heeltemal afskakel. Die reismoniteringsdiens is juis daar om in gevalle soos hierdie kennis te neem van die botsing en vinnig namens die lede op te tree.

Rynet is gevlieg omdat daar nie in die omgewing van die botsing enige hospitale was wat spinale beserings kon hanteer nie. Die dokter het die vlug na Kaapstad gemotiveer omdat dit die naaste stad was waar professionele hulp met so ‘n geval gelewer kon word. Tyd was ook ‘n faktor.

Kean het ook telefonies vertel hoe die polisie omstanders weg moes hou van hul persoonlike besittings. Nog ‘n bewys dat mense beroof word op botsingstonele. – Marius Vermaak) FLINKE DIENS BEPERK SKADE


VINNIG BY HOSPITAAL NA BEROERTE

Ek en my gesin wil net dankie sê vir al die hulp wat CrisisOnCall aangebied het. Dit was fantasies. My vrou het 12 November ligte beroerte gehad by ons huis. My oudste dogter (Ouers is doof) het die CrisisOnCall namens ons gebel en binne 10 minute was die ambulans by ons huis. Binne halfuur was ons by Wilgers Hospitaal. Omdat die diens so uitstekend was dat daar nie baie skade wat my vrou gekry weens ligte beroerte nie. Die diens was uitstekend. Ek wil net sê hou die blink kant bo! Ons het ook van familie en vriende daarvan vertel. Hulle was ook beïndruk met die diens. - Carl Fourie


ONDERWYSERES EN KINDERS ERNSTIG BESEER

Die Beeld van 6 Mei 2010 berig op bladsy drie onder 'Onnie se been geamputeer ná ongeluk met skoolbussie' van 'n onderwyseres van Thabazimbi wat beheer oor die skoolbussie verloor het tussen Warmbad (Bela-Bela) en Thabazimbi. “Sy moes vermoedelik vir ‘n swaar vragmotor uitswaai en het toe glo beheer oor die bussie verloor en teen ‘n boom gebots. Van die leerlinge in die bussie is ook tydens die botsing beseer.”

Haar been is in die botsing geamputeer en sy moes vinnig by ‘n geskikte hospitaal kom. Omdat sy ‘n CrisisOnCall lid is kon paramedici vinnig inligting oor haar bekom. Sy is op die toneel deur ons diensverskaffer in Warmbad – Tromar EMS & Rescue gestabiliseer waarna sy na ‘n privaat hospitaal in Pretoria gevlieg is.
Haar man Gerhard het telefonies sy dank aan CrisisOnCall en die paramedici uitgespreek wat gesorg het dat sy vrou vinnig by die regte hospitaal uitkom sodat sy die nodige spesialis behandeling kon kry.


MAN VAL VAN LEER

My man Hannes het in die motorhuis van die leer af geval. Hy was besig om met ‘n angle grinder te werk en die het sy been stukkend gesny. Hy het CrisisOnCall van sy selfoon gebel vir hulp. Behalwe dat ‘n paramedikus vinnig by hom was het CrisisOnCall ook die bure gebel. Die buurman het gehelp om die bloed te probeer stop terwyl iemand van julle op die lyn was.
Ek was besig om inkopies te doen toe Peter van CrisisOnCall my bel en sê my man het seergekry en ek moet na die Eugene Marias hospitaal gaan.  Toe ek daar kom was hy reeds deur die ambulans vervoer en opgeneem en het die hospitaal van ons mediesefonds geweet. Alle is vir hom gedoen. Hy is kort daarna teater toe en steeds het CrisisOnCall my geskakel om te hoor hoe dit gaan en of hulle my met iets kon help.

Ek het die heel tyd hul ondersteuning gehad. Die paramedikus en ambulans het ons niks gekos nie. Dankie CrisisOnCall, julle het my man se lewe gered. – Magda Bruwer


KLEIN JAKKALSIES KAN ERNSTIGE GEVOLGE INHOU!

Op Maandag, 25 Mei 2009 het Morné vir ons bietjie gekerfde biltong gekoop.  Op pad huis toe eet ons toe van die biltong maar ongelukkig verstik Morné toe aan ‘n stukkie wat in sy keel bly vassit.  Ons het by die Engen 1 Stop vulstasie langs die N1 (buite Bloemfontein) stil gehou.  Morné het seker ‘n half uur of langer probeer om die stukkie biltong uit sy keel te kry, maar sonder sukses.  Daarna het ek toe CrisisOnCall gebel en gevra VIR HULP. Minute later stop ‘n paramedikus van ER24 en help ons vinnig. Die twee paramedici het ook ‘n ruk lank probeer waarna hulle toe vir Morné na die Medi-Clinic Hospitaal geneem het. 

Aangesien ek self nog nie bestuur nie, was dit van groot hulp dat ek vir CrisisOnCall kon skakel om hulp te ontbied aangesien ek nie self vir Morné by die hospitaal kon kry nie.  Ons waardeer CrisisOnCall vreeslik baie.  Ek weet nie hoe ek in die verlede daarsonder klaargekom het nie.  Mens dink altyd ag-nee wat ek sal nie so diens nodig kry nie, maar as ek nou sien hoeveel keer ons al op CrisisOnCall se knoppie moes druk, kan ek nie verstaan dat daar nog mense is wat daarsonder gaan nie.

Ons wil net vir CrisisOnCall baie dankie sê vir die flinke, vriendelike en goeie diens.  Was dit nie vir julle nie, kon dinge dalk baie erger uitgedraai het.  Die stukkie biltong moes op die ou end deur ‘n dokter verwyder word deur middel van pypies deur Morné se neus. 

Andrinette en Morné  (Bloemfontein)


 VROU BY WERK GEHELP NA AANVAL

Ek wil net baie dankie se vir julle bystand en ondersteuning op Woensdag 21 April 2010.  Ek was by die werk en het 'n aanval gehad, my kollegas het geweet my man is in die buiteland en hulle het my seun geskakel.  Hy het vir hulle gesê hulle moet op my arm kyk. ek het 'n CrisisOnCall bandjie met 'n noodnommer en unieke nommer agter op.

Ons sekuriteit en selfs die kantoor het 'n ambulans geskakel. Julle het ook 'n ambulanse gestuur wat eerste opgedaag het.  Ek is hospitaal toe geneem, hulle het geweet waar is plek beskikbaar en ek is gou gehelp.  Ek wil net weer baie dankie sê vir julle bystand.
 
Na ek weer op kantoor gekom het, maak ek baie seker ek dra my bandjie, want ek weet nie wanneer ek weer 'n aanval kan kry nie, dit was die tweede keer.  Die eerste keer was in Desember 2009.

Baie dankie vir julle hulp, dit was die tweede keer wat ons julle nodig gehad het en ek kan getuig julle is altyd beskikbaar.

Ria du Plessis

(Die rede waarom die ambulans wat deur CrisisOnCall gestuur is eerste op die toneel was word toegeskryf aan die feit dat CrisisOnCall altyd die naaste privaat ambulansdiens aktiveer. Die feit dat Ria direk na ‘n hospitaal geneem is wat na haar probleem kan omsien hou verband met die kommunikasie met hospitale soos en wanneer nodig)


 AMBULANS VINNIG TOE MY SEUN UIT BOOM VAL

Saterdag 9 Februarie het Charl (9 jaar) 3 meter ver uit 'n boom geval. Ons het CrisisOnCall geskakel en 15 minute na ons eerste oproep het die ambulans by ons gestop. Almal was wonderlik. Ons is in die 15 minute gehelp om alles reg te doen met Charl en is kort-kort op hoogte bgehou van hoe ver die ambulans nog was.

Charl is met die ambulans hospitaal toe geneem waar ons dadelik gehelp is. Hulle het reeds van ons geweet.

Ons gebede is verhoor en my seuntjie het niks oorgekom nie.

Baie dankie vir julle wonderlike diens.

Mintette Olivier


CRISISONCALL HELP GESTREMDE SEUN

Ek besef op hierdie oomblik dat die beste ding wat ek kon doen is om aan te sluit by CrisisOnCall. Ek luister nou na 'n praaitjie op Radio Rippel en die persoon sê mens moet 'n noodplan met jou kinders hê indien 'n krisis opduik en hulle moet weet wat om te doen in 'n noodsituasie, ek stem saam dit is noodsaaklik maar my seun is serebraal gestrem en dit is wonderlik om te weet ek kan net vir hom sê om julle te bel indien iets gebeur en julle sal alles verder doen. Dit klink seker vir ander mense dom maar vir my as ouer is dit 'n verligting om te weet julle is daar.

Ek wil ook net dankie sê vir die wonderlike diens . My seun was vir 'n operasie aan sy heupe en die dag toe hy ontslaan kon word het ek besef ek het 'n probleem aangesien hy serebraal verlam is en ek nie sy bene kon buig nie het ek nie geweet hoe ek hom in my klein karretjie kon vervoer nie. Ek het nog so langs sy bed gesit en kyk toe na my bandjie om my arm en dink ek het nou 'n krisis en ek gaan julle bel om my te help om hom by die huis te kry.

Van my eerste oproep af het al my bekommernisse verdwyn en 'n uur later is ons veilig by die huis en ek kan nie genoeg dankie sê nie.

Baie dankie CrisisOnCall!!
Karen Grobler (2 Junie 2010)


DIENS ONTVANG VAN CRISISONCALL EN LIFEMED AMBULANSDIENS PERSONEEL OP 22 JUNIE 2010

Dinsdagaand 22-06-2010 het ek CrisisOnCall gebel vir ‘n ambulans vir Mnr Frans van Rooyen. Van die dame wat die foon geantwoord het tot die persoon wat my terug gebel het toe die telefoon waarvan ek af geskakel het, afgesny het was absoluut ongelooflik. Hulle het my onmiddellik op 2 fone terug gebel. Die foon waarvan af ek gebel het en op my selfoon. Hulle het my gerus gehou en gesê watter ambulans hulle gaan stuur.

Binne 10 minute was LifeMed op die toneel. Die dame het Frans gestabiliseer en dadelik vir Baren (Gevorderde Lewensondersteuningsparamedikus) gebel en hulp versoek. 10 minute later was hy op die toneel. Omdat hy bekommerd was oor Frans se hart se toestand het hy Frans die nodige medikasie toegedien en dadelik in samewerking met CrisisOnCall die Steve Biko hospitaal gebel en gereël dat hulle hom daarheen neem. Ons het agter hulle aangery. Toe ons by die hospitaal aankom het hulle Frans dadelik opgeneem en die hart dokter was by hom gewees.

Hoekom ek die briefie skryf is nie net om dankie te se vir die diens wat julle 2 maatskappye se personeel gelewer het nie maar ook vir die menslikheid waarmee julle personeel die pasiënt en ons behandel het. Al was dit ‘n Staatspasiënt, was geen moeite ontsien om hom en ons ingelig te hou nie. Hulle het al twee elke nou en dan uit gekom en ons gesê wat aangaan. Hulle het eers sy bed verlaat toe Baren vir my kom se het die dokter gaan nou reël vir x straal plate en dat hy tevrede is dat die dokter haar bes sal doen en hom nie net daar aan sy genade sal oorlaat nie.

Aan almal wat gisteraand gehelp het baie dankie. Julle is wonderlik.

Lena Wannenburg


Also refer to Identification for more testimonials related to road and air transport.

Copyright © 2009 CrisisOnCall
  
Receive emergency care, life saving information as well as free ambulance and paramedic services from CrisisOnCall in addition to our toll-free crisis line, trip monitoring and roadside assistance and the surety of our identification armbands.
Emergency Care | Life Saving Information | Free Ambulance | Paramedic Service | Trip Monitoring | Toll-Free Crisis Line | Roadside Accident Assitance | Identification Wristband

Home |About Us | History | Shocking Facts | Why CrisisOnCall? | Bottom Line | Solutions | Call Centre | Mission and Values | Questions and Answers | Partners | Disclaimers | Terms and Conditions | Product Descriptions | Identification Products | Effective Identification | Identification Arm Band | Trip Monitoring | Downloads | Crisis Line | Trip Monitoring | Identification | Transport | Telephone Advice | Roadside Assist | Legal Assistance | Household Assist | Missing Persons | Contact Us | Site Map |SEO