CRISIS LINE

"Everyone's crisis is unique. His/Her crisis is at that stage seen as the biggest crisis in the world. When in panic you cannot think clearly. It is then when you need the support of professionals. Thank you that you were there when we needed you." - Annelie van Zyl


HUISROOF

Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Emmanuel van CrisisOnCall te bedank vir sy hulp nadat ons op 6 Julie 2010 in die huis beroof is terwyl ons geslaap het. My man het wakker geword en toe sien hy 'n man in ons slaapkamerdeur staan. Hy het opgevlieg en die persoon agternagesit maar kon hom nie vang nie. Hy het egter genoeg tyd gehad om van ons besittings soos my man se beursie te neem. Ek het CrisisOnCall geskakel en Emmanuel het my gehelp om dadelik met die SAPD by 10111 te praat. Hy het ons ook gehelp om my man se bankkaart wat gesteel is te stop.

Ek was baie getraumatiseerd maar Emmanuel was heeltyd kalm en het aangehou totdat alles afgehandel was. As dit nie vir CrisisOnCall was nie het ek dalk nou nog vir die polisie gewag.

Weer eens baie dankie aan Emmanuel en CrisisOnCall.

Chrissie Pretorius


HOUSE ATTACK

In the early morning of 3 November 2002 three burglars entered Johan Smit’s house. They shot him 3 times after leaving the house with a wounded companion.

Johan’s wife called CrisisOnCall. The case manager called the neighbours to inform them of the incident. The one neighbour, a retired sister went to support Johan. She was so shocked that she could not apply the necessary first aid. A paramedic telephonically informed her how to deal with the injured till the paramedics of a nearby private service provider arrived in minutes. The SAPS arrived shortly after the medical services. Although they launched a manhunt nobody was found. The only trail was blood spots of the wounded companion.

Johan was rushed to the nearest hospital where he underwent surgery.

Due to the fact that CrisisOnCall new of the injured companion, they contacted all surrounding trauma units to report to the call centre all suspicious patients entering the unit.

Approximately an hour later a trauma unit called with a suspect been shot in the shoulder. CrisisOnCall phoned the SAPS and Johan’s wife. She described the intruder and two suspects were arrested shortly after the call.


ENGLISH

ROBBED AND STRANDED FAR FROM HOME

“My sister and I were travelling from Ermelo to Pretoria on the 28th June 2009. At about 8pm that evening we stopped at Ultra City in Middleburg. We took blankets from the boot and both of us were busy covering the rear seat for my son. During this time a thief grabbed our handbag with all our personal belongings and drove off in their car. I immediately phoned CrisisOnCall for assistance from a borrowed phone. I spoke to Melvin there. He continuously reassured and supported us and suggested all the practical things that were necessary. He assisted us to immediately make contact with our banks to stop our cards. He also assisted us to block our cell phone cards via the cell phone companies. He also connected us to the police. Melvin arranged emergency petrol for us to return to Pretoria, as well as toll gate money. He then assisted us with trip monitoring until we reached Pretoria, and arranged for a Lock Smith to open my sister’s house and to change the locks. (He also arrange that we pay for this service only the next day)

The following morning he phoned just before going off duty to check that everything was alright, and to ask if there were anything ells he could still help us with. In the meantime our handbag was found in Middleburg.

Melvin phoned us today on 1 July 2009 to ask if we were able to sort everything else out following such a traumatic experience, and was equally relieved to hear that the handbag and our possessions had been recovered. I just want to say that had it not been for Melvin and CrisisOnCall on Sunday I don’t know how things would have worked out. What began as a crisis ended as a blessing in our lives. We are unbelievably grateful to CrisisOnCall and their professional staff. We would just like firstly to thank the Lord that He assisted us in so many ways, hearing our prayers, and putting people across our path with such a big open heart as Melvin. I am so glad I joined CrisisOnCall.” – Corne Griffiths.

AFRIKAANS

GEROOF EN GESTRAND VER VAN DIE HUIS

“Ek en my suster het Sondag 28 Junie 2009 vanaf Ermelo na Pretoria gereis.  So teen agtuur die aand het ons by die Ultra City in Middelburg gestop.  Ons het komberse uit die kattebak gehaal en ons altwee was besig op die agterste sitplek om my seuntjie toe te maak.  In hierdie tyd het ‘n skelm ons handsak gegryp met al ons goed in en in hul kar weg gejaag.

Ek het dadelik CrisisOnCall van ‘n geleende foon gebel om ons te assisteer.  Ek het daar met Melvin gepraat.  Hy het ons die hele tyd gerus gestel en al die praktiese dinge wat ons moes doen voorgestel.  Hy het ons gehelp om dadelik met ons banke in verbinding te tree om ons kaarte te stop. Ook met die selfoon maatskappy om ons sim kaarte te blok.  Hy het ons ook met die polisie gekoppel. Melvin het vir ons nood petrol gereël sodat ons terug in Pretoria kon kom sowel as tolhek geld.  Van daar af het hy met ons reismonitering gedoen tot in Pretoria waar hy ons gehelp het met ‘n Sleutelmaker om my sussie se huis oop te kry en ander slotte aan te sit. Hy het ook gereël dat ons die sleutelmaker die volgende dag kan betaal. Die volgende oggend het hy ons gebel net voordat hy van diens af gegaan het om uit te vind of als nog reg is met ons en of hy ons met enige iets kan help.  In die tussentyd is ons handsak opgespoor in Middelburg.  Melvin het vandag 01 Julie 2009 ons gebel om te hoor of ons al reg gekom het met al die ander reëlings wat volg op so ‘n traumatiese gebeurtenis en was saam met ons gevul met verligting om te hoor dat ons handsak met ons besittings opgespoor is. 

Ek wil net sê dat as dit nie vir Melvin en CrisisOnCall was Sondag nie weet ek nie hoe ons dinge sou kon uitwerk nie.  Wat toe begin het as ‘n krisis het geëindig as ‘n seëning op ons lewens.  Ons is ongelooflik dankbaar teenoor CrisisOnCall en hulle baie professionele staf.  Ons wil ook net eerstens ons dank uitspreek vir die Here dat Hy op allerhande ander maniere ons gebede verhoor en mense so op ons pad sit wat so ‘n groot ruim hart het soos Melvin.  Ek is baie bly ek het aangesluit by CrisisOnCall.”- Corne Griffiths

 


 

GEKAAP EN IN VOERTUIG KATTEBAK GEGOOI

Lee-Anne Cotton is die aand van 6 Mei 2004 in Pinetown gekaap nadat sy by 'n autoteller geld getrek het. Die kapers het haar in die voertuig se kattebak gegooi. Sy kon ’n sms na ’n vriend stuur wat  CrisisOnCall van die kaping inkennis gestel het. Binne 10 minute was een van CrisisOnCall se beraders telefonies met Lee-Anne in verbinding terwyl die soek netwerk geaktiveer is. Teen 23:30 die aand is sy te Durban-Noord, danksy die CrisisOnCall sisteem, uit haar voertuig se kattebak bevry. CrisisOnCall het die hele tyd telefonies met haar in verbinding gebly. – Berig ook in Beeld van 13 Mei 2004.

 



SLANG SE KIND IN BLIKKIE!

 

 

In ons kombuis is daar skielik 'n baie snaakse lawaai. By nadere ondersoek sien ek 'n slang se kop wat "vassit" binne in 'n leë koeldrank blikkie. Wat nou gemaak? Ek en my vrou hou nie van slange nie en ons kinders is klein. Hierdie situasie kan gevaarlik raak.

 

Ek bel CrisisOnCall. Ons word dadelik gerus gestel en die mense van die slangpark so 5 km van ons is vinnig daar. Nou kyk, ek het nie eers aan hulle gedink nie. Hulle het vinnig die slang gevang en bevry.
Die slang is saam geneem want dit is blykbaar ‘n taamlike skaars soort. Geen probleem daarmee nie. Ons huis is slang vry en dit is wat tel. Dankie vir CrisisOnCall wat ons nie net gehelp het nie maar ook gebel het terwyl slang se kind in ons kombuis “gekuier” het. – Rick Esterhuyzen

 


 

HULP MET BRANDWEER

‘n Tydjie gelede was daar ‘n brand binne die erf van Christo (lid) in Alberton.  Die Wendy-hut het begin vlamvat en die wind het die vuur vinnig aangejaag na die grasdak lapa.

Na vele oproepe na die Alberton Brandweerdiens het geen hulp van hulle gekom nie.  Kan nie die adres kry nie?!!

Ons het toe CrisisOnCall se hulp ingeroep. Die noodbystanddiens het in telefoonverbinding gebly en die brandweer help rigting kry, en voordat die vuur verder skade kon aanrig was hulp daar.  Baie dankie CrisisOnCall!” - Ria Müller


INTRUDERS IN HOME

Around 22:15 (16 Jan 2007) one of our members and her family were attacked by intruders in her home in Wingate Park, Pretoria. The women ran to the bathroom and phoned CrisisOnCall. Upon answering the call, CrisisOnCall could hear a voice in the background asking: “what are you doing” The call was terminated immediately thereafter. This was sufficient. CrisisOnCall could locate the address and immediately sent the flying squad as well as the security company to the scene. The neighbours were also informed. The son of the neighbour, a formidable hunter, injured one of the intruders fatally.

CrisisOnCall managed the situation holistically and made sure that the necessary services were on the scene. In this particular case 48 calls were made within the first hour. Two case managers from CrisisOnCall (Vianta and Eddie) managed the case in association with the medical department. (Paramedics at CrisisOnCall were involved since a message that someone was shot was received from the scene.) At that stage it was still not clear who was shot.

Trauma counselling was done with the family on a regular basis.

This is a classic example of how CrisisOnCall’s crisis line assists during an emergency.


WE HELP THE DISABLED

“Both my husband and I are disabled. We live alone in a house in Krugersdorp. Just after 3am in the morning we were awakened to hear someone breaking into the house. I only know one number. CrisisOnCall. I just began to talk and someone grabbed the phone out of my hand. Shortly afterwards our landline rang. We could not answer while three men were demanding that we give them the keys to the safe, and hit my husband. I suddenly saw the reflections of blue lights. When we looked again we saw police with us and heard lots of shouting. What happened next I can’t tell you, everything happened very fast. A paramedic was also with us and took us to hospital.

CrisisOnCall ’s people also phoned us and are still giving us counselling.

Thank you everybody. CrisisOnCall is just the very best!” Estie en Fanie Weideman.


HULP MET POLISIE

“Vanoggend 5 oor 2 het ek wakker geword van ‘n flitslig wat in my oë geskyn word. Ek sit toe my kamer se lig aan en sien hoe vier bruin vingers my gordyne weg trek en weereens in my gesig flits.  Ek het vinnig opgespring, my selfone gegryp en is uit my kamer uit. 
 
Ek het CrisisOnCall gebel en hulle het my deurgesit na Silverton polisie stasie toe.  Binne 3 minute was die polisie daar en ons huis is beveilig. 

Drie huise om ons se honde is vergiftig vanoggend so hulle is regtig van plan om iets daar te doen. 

Baie dankie vir die hulp wat ons ontvang het.”
Christa Lottering (Brief verkort)


VREEMDE MAN IN TUIN

Op Donderdag 17 Jan 2008 so by 15:15 – 15:30 het ek ‘n vreemde man in ons tuin gewaar.  Ek en my dogter was alleen tuis.

Nadat ek 10111 gebel het en moes hoor hulle het nie ‘n voertuig nie, het ek CrisisOnCall gebel.

Ek was redelik histeries, en kon nie eers my lidnommer gee nie.  Die man wat my gehelp het, het onmiddellik aksie geneem, my gevra of ons veilig is en gesê hy gaan my binne minute terugskakel.

Na ‘n paar minute het hy geskakel om te hoor of ons okay is, en my moed in te praat om kalm te bly – hy het heeltyd rustig met my gepraat.

Die SAPS was toe reeds by ons huis.

Later het hy weer geskakel om te hoor of alles okay is, en of ons enige trauma hulp nodig het.

Watter verligting om te weet ek kan in enige situasie vir CrisisOnCall skakel en daar is iemand wat ons kan help.”

Baie Dankie

Debbie Kok


WHEN YOU ARE TOTALLY LOST CRISISONCALL WILL COME TO THE RESQUE

“I would like to express my sincere gratitude to the organization CrisisOnCall for the recent support I received from them while travelling. I was a woman travelling alone on 10 November 2008 on the route from Nelspruit to Bloemfontein. Near the airport I accidentally took the wrong freeway. I realised when in Johannesburg, that I was completely lost. I called on CrisisOnCall for assistance. The staff reassured me, monitoring me by cell phone. Three staff members together as a team quickly figured out exactly where I was.

They continuously told me which direction to go, and which streets to follow. It took quite a while, and they supported me continuously. Later on I became quite anxious. When I arrived at a relatively safe area, the staff recommended that I just stop and relax. They offered to send a staff member to me with a vehicle. The person identified himself in a friendly way and suggested I follow him in my car. He drove in front of me as far as the N1. From there I knew the correct route to follow to get to Bloemfontein.

After that they still phoned me often until I arrived in Bloemfontein late at night. Once again, thank you to everyone from CrisisOnCall who was on duty on 10 November. Without your professional support I doubt that I would ever have found my way. I am so grateful for your organization. It is so reassuring because I am often alone on the road. An organization like this is absolutely essential in South Africa.” – Marie Jacobs.

(CrisisOnCall arranged for one of our contracted-in tow-in services to lead her – Marius Vermaak.)


ACCIDENT WITH NO INJURIES

“Herewith a word of thanks for the speedy service which CrisisOnCall offered me on Friday 11th January, 2008. We were returning from our holiday in Jefferies Bay. The accident occurred about 4 km before Janesville on the R75. It is a very narrow road and the road over the bridge is even narrower. Our caravan’s left wheel hit the kerbstone of the bridge and what can I say? Fortunately no-one was injured. CrisisOnCall monitored us and with the quick action of Deon, he was able to get us immediate help in Graaf-Reinet. The service was outstanding. Our sincere thanks. –Frik en Marietha Dippenaar


DAAR IS ALTYD HULP

“Ek moet eerstens noem dat ek baie “impressed” was met die diens en hulp van CrisisOnCall.

My voertuig was geparkeer onder ’n lapa buite Tzaneen toe die lapa op die voertuig geval het tydens swaar reën.

Ek het CrisisOnCall geskakel en hul hulp versoek. Die eerste wat die persoon by die sentrum wou weet is of daar iemand seer- gekry het. Nadat ek die probleem aan haar verduidelik het, het sy onderneem om vinnig terug te skakel.

Minder as 10 minute later het sy my geskakel en gesê Wynand van Sansuzi is oppad om te help. Sy het selfs Wynand en die voertuig waarin hy ry aan my beskryf. Net nadat hy gestop het, is hy deur CrisisOnCall geskakel om vas te stel of hy op die toneel is en of daar enige verdere hulp benodig word. LITA FOURIE


WEG VAN DIE HUIS- WAAR KRY EK DIE POLISIE?

“Ek het die volgende dankbare verhaal te vertel. My dogter is deur my lidmaatskap ook by CrisisOnCall ingeskakel. Sy was in Bloemfontein toe sy verlede maand een oggend by haar motor kom net om te bevind dat iemand deur die nag haar motorradio gesteel het. Hoe nou gemaak? Waar begin sy soek na die naaste Polisie kantoor? Skielik onthou sy dat sy lid is van CrisisOnCall en skakel dadelik. Die operateur sê hy sal sorg en 5 minute later is sy op die lyn met die plaaslike SAPD. Nog 5 minute later stop hulle by haar! Sy skakel my kort daarna, maar voor ek ontsteld kan raak sê sy dis net om baie dankie te sê dat ons by CrisisOnCall ingeskakel is - dit werk uitstekend!” Jan Malan – Streetsafe.  


HULP WANNEER JOU DIERE BLOEI

Ek bly op ’n plot net buite Pretoria teen die berg en ons het wildediere, slange en sommer baie ander goggas. So paar dae terug op n Vrydag, teen middernag, raak my honde simpel hulle blaf en gaan te kere asof hulle iets groot gevang het. Nou ja wat maak jy as jou honde blaf, jy gaan kyk en so gesê so gemaak.

Die goeie nuus is die honde het nie `n rower of mens gevang nie maar die slegte nuus is dat hulle ’n ystervark vas gekeer het. Die einde van die onder onsie is dat my Staffie met 9 penne in sy lyf, gebroke (In Ego, siel en Liggaam) terug keer huis toe dat ek moet troos en gesond maak.

Nou ja soos jy jou kan indink is dit nie die maklikste dink om die vrouens en kinders in die huis kalm te hou terwyl ou toffie in mekaar sak hier voor ons met bloed wat stroom uit sy wonde asof daar n kraan oop is nie. Ek dink dit was maar uit gewoonte of uit pure desperaatheid dat ek 00:45 die CrisisOnCall noodnommer gebel het om 'n veearts te probeer kry. Maar die operateur sit my sommer onmiddellik deur na die noodsuster aan diens wat sonder om te huiwer die nodige noodhulp raad oor die foon gee. Ek kon die nie glo nie. Hier is ons in die middel van die nag besig om mediese raad te kry vir my hond, deur n opgeleide mediese persoon. Ek moet eerlik wees dat my lidmaatskap by CrisisOnCall my beter laat slaap in die nag want as jy hulle nodig het dan is hulle daar, soos die dag toe ons 'n slang met n koeldrank blikkie op sy kop gevang het. – Rick Esterhuyzen

 


HULP DAAR TOE MAN MET HARTAANVAL IN HOSPITAAL Lê

 

“Die volgende het met my gebeur hierdie Desember vakansie. Saterdag 12 Desember 2009 6 uur die oggend start ek my voertuig by my huis in Pretoria. Terwyl ek ry skakel ek CrisisOnCall om my reis te monitor want ek is nou op pad Jeffreys Baai toe vir my vier week vakansie. Dion (wat ’n pragtige mens) het my gevat tot by ons huis in Jeffreys Baai.

Die 5de Januarie 2010 die oggend 4:30 sit ek regop van die pyn met ’n hart aanval. Ek beland toe in die Hospitaal in Port Elizabeth. Ek moet begin pak want ons moet Saterdag die 9de Januarie terug Pretoria toe. Die dokter weier egter dat ek huis toe gaan om te pak en weer 12 ure met ‘n voertuig ry. Hy sê ek kan slegs van die hospitaal af na die Lughawe toe en moet huis toe vlieg. Wat van my vrou en al die bagasie en ook nog die sleepwa?

Reëlings is toe getref dat die kinders af vlieg om my vrou met al die bagasie terug in Pretoria te kry. Hulle het toe eers Sondag oggend 5 uur uit Jeffreys Baai vertrek waarna ek weer vir CrisisOnCall gebel het vir reis monitering vir hulle. So, wat ek wil sê is dat ek in die Hospitaal lê en CrisisOnCall neem my vrou en kinders huis toe. Daarvoor kan ek julle nie genoeg bedank vir hierdie diens wat julle lewer vir minder as R100.00 per maand nie. Ek is weer terug by die werk en sterk baie goed aan.”

CrisisOnCall is juis daar om te help wanneer dit werklik saak maak. Die moontlike doen ons onmiddellik, die onmoontlike neem so bietjie langer. (Frik Dippenaar)

 


 

BLITSPATOLLIE KAN NIE HELP NIE

Hiermee wil ek ook net ons dank uitspreek vir die vinnige optrede van CrisisOnCall.

My swaer, hulle het by ons gekuier in Kemptonpark. So ongeveer 19:15 het hulle terug gekeer na hul huis in Wierdapark, Centurion. Om 19:55 het hulle ons gebel, soos die reëling is, om ons te laat weet dat hulle veilig by die huis is. Die oproep was ‘n benoude oproep van “bel gou die polisie”. Hier is inbrekers in ons huis. Hulle was veilig in hul motorhuis, maar het nie geweet wie het hulle sien ingaan nie. Nadat ons 10111 geskakel het, het die persoon wat geantwoord het vir my gesê dat ek die Pretoria nommer moet skakel en ek is nou in die Oos-Rand.

Ek het toe CrisisOnCall gebel. Ek het aan hulle die probleem verduidelik. Ons is dadelik gerus gestel en binne oomblikke is ons terug geskakel met die antwoord “blitspatrollie is oppad na die adres.”

Ons het twee keer terugvoer ontvang en my swaer hulle was gekontak. Blitspatrollie was vinnig by hulle en hulle was toe veilig. Nogmaals dankie aan die flinke optrede van CrisisOnCall.

Ohna Muller


Copyright © 2009 CrisisOnCall
  
Receive emergency care, life saving information as well as free ambulance and paramedic services from CrisisOnCall in addition to our toll-free crisis line, trip monitoring and roadside assistance and the surety of our identification armbands.
Emergency Care | Life Saving Information | Free Ambulance | Paramedic Service | Trip Monitoring | Toll-Free Crisis Line | Roadside Accident Assitance | Identification Wristband

Home |About Us | History | Shocking Facts | Why CrisisOnCall? | Bottom Line | Solutions | Call Centre | Mission and Values | Questions and Answers | Partners | Disclaimers | Terms and Conditions | Product Descriptions | Identification Products | Effective Identification | Identification Arm Band | Trip Monitoring | Downloads | Crisis Line | Trip Monitoring | Identification | Transport | Telephone Advice | Roadside Assist | Legal Assistance | Household Assist | Missing Persons | Contact Us | Site Map |SEO