TELEPHONIC MEDICAL ADVICE
TELEFONIESE HULP RED PA SE LEWE
Peter, ’n 55 jarige Besturende Direkteur van ’n groot maatskappy, moes 200 mense toespreek. Op die verhoog, net voor hy met sy toespraak moes begin, het hy ’n totale hartstilstand gehad. Sy seun Bruce, het onmiddellik CrisisOnCall geskakel.
’n Paramedikus het Bruce telefonies bygestaan in die toediening van KPR met een van die mense uit die gehoor wat hom ondersteun het. Minute later het paramedici op die toneel gearriveer en oorgeneem.
Vandag leef Peter om sy eie verhaal te vertel. Alhoewel Bruce geen noodhulp ondervinding gehad het nie kon hy ’n pertinente rol speel in die red van sy pa se lewe.
GESONDHEIDSADVISEUR RED HAAR LEWE
Mev. Van Wyk van George het geweldige inwendige pyn ervaar. Haar huisdokter was met verlof en sy wou nie 'n ander dokter spreek nie. Haar man het uit radeloosheid CrisisOnCall gekontak waar 'n mediese beampte haar oortuig het om onmiddellik 'n dokter te gaan spreek aangesien hulle inwendige bloeding vermoed het. Dit was inderdaad so en sy het dieselfde dag 'n noodoperasie ondergaan. Die dokter het haar na die tyd meegedeel dat sy sou gesterf het indien sy langer as 24 uur gewag het.
VINNIGE MEDIESE ADVIES EN HULP RED MA SE LEWE
Petra Oosthuyzen het nadat sy antibiotika geneem het ineen gestort. Haar 11 jarige dogtertjie Chantelle, was alleen in die woonstel saam met haar.
Chantelle het gedink haar ma is dood en het onmiddellik CrisisOnCall geskakel. Terwyl die naaste nooddiens en die bure gekontak is, is Chantelle deur ’n paramedikus bygestaan. Die buurman was vinnig daar en het noodbehandeling toegepas totdat paramedici op die toneel was. Petra se pols was op daardie stadium 12 en is sy na ’n provinsiale hospitaal afgevoer omdat sy nie oor ’n mediesefonds beskik het nie.
In die trauma eenheid het CrisisOnCall voortdurend met die hospitaal-personeel kontak gehou ten einde te verseker dat Petra se toestand deurentyd hanteer word.
Petra was 17 dae in die hospitaal en het na die tyd die volgende geskryf: “Ek wou my premie staak want ek is reeds meer as 2 jaar lid en het nog nooit van die dienste gebruik gemaak nie. Vandag is ek bly dat ek nie het nie want my lidmaatskap het my lewe gered.”
WANNEEER KINDERS SIEK IS EN OUERS WEET NIE WAT OM TE DOEN NIE
My kleinkind was baie siek van masels wat mos gepaardgaan met hoë koors, ens. Moedeloos nadat my dogter van die pediater af kom, was sy koors nog hoog. Ons sit hom toe in koue badwater – wat ‘n fout was. Ek het dadelik gesien dat dit ‘n fout is en toe warmwater by getap. Dit het my gepla en toe ek by die huis kom dadelik CrisisOnCall geskakel. Wat ‘n wonderlike dame met die naam van Devine wat my toe presies vertel het wat ons hom moet gee om te drink en dat die koue badwater ‘n skok op sy liggaam was en dat hy net gespons moet word. Sy het vir ons ’n “tuisgemaakte” energade resep gegee en ‘n uur later my dogter (wat ook lid is), geskakel om te hoor hoe dit gaan en vir haar ook vertel wat sy moet doen. Die tuisgemaakte energade het voorwaar gehelp en hy is vanoggend beter!
Dra asb. my dank oor aan haar vir die ekstra myl wat sy met ons gestap het! - Hester
SIEK KIND IN DIE BUITELAND
Franciska Du Plessis vertel hoe sy en haar gesin gedurende September 2005 in die Verenigde Arabiese Emirate met vakansie was toe sy ’n paar blasies op haar dogtertjie van drie jaar se ruggie gewaar. Die volgende dag was haar lyfie vol blasies en het sy bevestiging by ’n apteker gekry dat dit wel waterpokkies is.
“Daardie nag het sy begin koors kry en het opgegooi. Ons kon net eenvoudig nie die koors gebreek kry nie. Spoke van koorsstuipe het by my begin spook. Ek en my man het taamlik gestres en erg benoud geraak.”
Vrae het by hulle ontstaan oor hul dogtertjie se situasie. In ’n vreemde land en waar kry ’n mens mediese hulp? “Ek het nie geweet wat om te doen nie en daar onthou ek CrisisOnCall.” Sy het met Loraine ’n verpleegkundige persoon by CrisisOnCall gepraat. “Loraine (die verpleegkundige) was wonderlik, sy het vir ’n half histeriese ma mooi verduidelik wat om te doen en al my vrae beantwoord.” Sy het aangedui dat sy ook vir die personeel wat op die volgende skof oorneem, sal inlig en dat Franciska enige tyd weer kan skakel indien daar nog probleme of vrae sou voorkom.
“Ek kan getuig wat totale gemoedsrus beteken; dit het ek ervaar na my gesprek met CrisisOnCall.”
CrisisOnCall het daarna ook gereelde opvolg oproepe gemaak.
|