TRIP MONITORING
REISMONITERING VAN SKOOLKINDERS
Ek wil baie dankie sê. My dogter Temcke het 'n groep kinders van die Hoërskool Eldoraigne na Bloemfontein geneem waar hulle aan 'n toneel kompetisie deelgeneem het. Julle het gereeld gebel terwyl hulle op die pad was na Bloemfontein en weer terug.
Gedurende 'n vergadering met die ouers was die vraag gevra; wat doen hulle as hulle in 'n ongeluk is? Dit is toe dat Temcke haar arm in die lug steek met haar CrisisOnCall bandjie en sê "CrisisOnCall"! Dit het die ouers gemoedsrus gegee om die kinders saam met haar te laat reis. Baie dankie dat ons so ook op julle kon steun. - Leonnè Strydom
OP REIS MET SIEK PERSOON
Baie dankie dat u my bygestaan het vanaf Warmbad tot in Pretoria. Ek het 'n baie siek vriendin hospitaal toe gevat. Dit het gehelp dat u daarvan weet en sou my gehelp het ingeval van nood, nomaals baie dankie.
Hester Britz
MAN LUCKY AFTER SERIOUS ACCIDENT
After working till late one night, André Nel called for trip monitoring. He left from his work in Lynnwood on his way to his house in Waverley, Pretoria. He requested to be called after 30 minutes on his cell phone. When he did not respond to the call, his wife was called to confirm that he was not at home. A search was immediately started and after about 10 minutes he was found unconscious next to his vehicle along the N1 highway. The necessary was done and André’s life was saved since he would not have survived the night in the winter cold. His wife was kept informed during the whole event. His medical aid information was also supplied in advance to the private hospital.
REIS MET GEMOEDSRUS
Ek was onlangs Mosselbaai toe met vakansie, en was dit nie vir die vriendelike stem van CrisisOnCall wat my gemonitor het vanaf Potchefstroom tot Mosselbaai nie, was my vakansie nie die helfte so lekker nie want ek het met soveel gemoedsrus gery.
Graag wil ek net baie danie sê vir die wonderlike diens en ek beveel dit aan vir elkeen wat ek teekom.
Petro C Tredoux (Radio Pretoria luisteraar)
REISMONITERING MET SIEK MOEDER IN VOERTUIG
Baie dankie vir julle bystand Woensdag 26 Mei en ook Dinsdag 1 Junie 2010. Ek het ook my moeder Woensdag in die kar gehad wat baie siek was aan griep met ‘n baie hoë koors. Ons het veilig in Levubu aangekom en kon ek haar gesond dokter voordat ons gister terug gekom het.
In besonder my dank en waardering aan Lorial vir die puik wyse waarop sy ons monitering gehanteer het in beide rigtings.
Groete, Rina Truter
REISMONITERING VIR STUDENT
Baie dankie, ek is baie tevrede met julle diens. My dogter Petro reis elke week na die Potchefstroom Universiteit en terug en sy maak dan gebruik van die reismonitering wat vir my baie gemoedsrus gee.
Ina Prinsloo
REISMONITERING GEE GEMOEDSRUS
Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om al die ritmoniterings-assistente wat ons op ons toer deur die land elke keer veilig van punt A na punt B gekry het te bedank vir hul vriendelikheid en hulpvaardigheid.
Dit was voorwaar 'n riem onder die hart om te weet dat daar altyd iemand was wat geweet het waar jy jou bevind veral toe ons deur die Transkei moes reis oppad na Margate.
Ek is nie seker wat die manspersoon se naam was wat ons Saterdag gemonitor het nie, maar hy het ons 'n paar keer gemonitor langs die pad en hy is voorwaar 'n aanwins vir u maatskappy, so vriendelik, belangstellend ens. Dit was fantasties.
Weereens baie dankie en doen so voort met die professionele diens wat u maatskappy verrig - ek sal verseker u maatskappy aan almal noem wat ek ken.
Lizette Marsh – 31 Mei 2010
REISMONITERING WERK ELKE KEER
Ons as gesin het sopas terug gekeer van ‘n wonderlike vakansie by die see. In die verlede het ek en my man baie opgesien na die rit van Nelspruit tot by die Suidkus. Omdat ons kinders klein is ry ons deur die nag. Die afgelope drie jaar maak ons gereeld van reismonitering gebruik en is dit wonderlik om elke uur met ‘n vriendelike en hulpvaardige persoon te praat. Die reis deur die nag is nou net soveel beter. Geen stres want ons weet iemand weet ons ry en sal hulp kry as iets gebeur.
Tydens ons vakansie het klein Laurette (2 jaar) skielik begin opgooi. Dit was in die oggendure. Ons is in ‘n vreemde plek en het eers gewonder wat om te doen. Ons het CrisisOnCall geskakel en daar het ‘n mediese persoon vir ons raad gegee. Sy het elke 10 minute geskakel om te hoor hoe dit nou gaan. Binne 20 minute was Laurette vas aan die slaap en oor haar probleem. Later deur die dag het ‘n persoon weer van CrisisOnCall geskakel om te hoor of Laurette nog reg is.
Yvonne Smit
TRIP MONITORING AND ACCIDENT
On 27 February 2007 Lenie and Johannes van Staden were travelling and had arranged for trip monitoring. Peter from the CrisisOnCall centre had phoned them hourly. Shortly before the next call from CrisisOnCall they were involved in a head-on-collision just outside of Louis Trichardt. Johannes was seriously injured, but Lenie, thanks to her airbag, was relatively unscathed.
She immediately called CrisisOnCall. She was unsure precisely where the collision had occurred. Peter was able to assist in that regard because their trip was being recorded at the centre. Paramedics from Louis Trichardt were quickly sent to the scene of the accident. Johannes’s condition was so serious that he was air ligfted to Pietersburg.
EXCELLENT TRIP MONITORING
“We left for Cape Town via Port Elizabeth on the 1st December 2007. We returned on 2nd January 2008 (during the night). Each time we asked for trip monitoring and were phoned on the hour every hour by various personnel. The trip monitoring each time gave us peace of mind. During our trip home, we were advised of a big accident ahead and advised to take an alternative route to avoid the road which was closed ahead. You are the best! I don’t know how anybody can be without CrisisOnCall. – Sanet Botha.
VERSKEIE SKRYWES OOR REISMONITERING GEDURENDE DIE DESEMBER 2009 VAKANSIE
“Hiermee wil ons ons dank uitspreek vir voortreflike diens. Ons is deur vriendelike en behulpsame personeel gehelp met ons reis na Caledon en ook weer terug na Warmbad.
Deur die vriendelike oproepe is die pad sommer korter gemaak. Nogmaals baie dankie vir uitmuntende diens.”
Dorrie van Staden – Bosveld Stereo luisteraar
“En dan wil ek net vreeslik dankie se vir Morne, Monique en vir Johnny. Hulle is regtig 'n aanwins. Hulle is altyd baie vriendelik wanneer hulle elke uur geskakel het om te hoor of alles nog reg is, veilig is ens. Ek wil vreeslik graag 3 hoeras vir hulle gee. Sonder hulle op die lang pad sou dit nie so lekker gewees het nie. Dankie vir julle diens.” Retha Gerber – Rippel 90.5 FM luisteraar
BEJAARDES VEILIG OP REIS
My ouers is al bejaard maar reis nog baie. Hulle woon in Hermanus en reis van tyd tot tyd na ons hier in Roodepoort.
Ons as familie was altyd baie benoud wanneer my pa so ver bestuur - en hy weier om oor te slaap.
Hulle het deur Radio Pretoria by julle aangesluit. Hierdie keer was dit anders. My ma kon nie uitgepraat raak oor die personeel wat hulle so gereeld geskakel het nie. Selfs toe die persoon by die beheersentrum na drie ure vir my ma sê dit is tyd dat my pa nou moet rus, het hy sonder om tee te praat by die volgende dorp gestop en eers gerus. Ons rus nou ook wanneer ons ouers op die langpad is want hulle is in veilige hande.
Dankie dat julle so mooi na ons bejaardes kyk.
Die Fourie familie het nou rustigheid.
Daleen Fourie
VERSKEIE KERE KRY ONS GOEIE DIENS EN HULP TOE ONS VERKEERDE AFRIT NEEM
Ek het gedurende Desember 2009 en Januarie 2010 verskeie kere van reismonitering gebruik gemaak. In die proses het vier verskillende personeel ons reis gemonitor.
Mornè het ons op 21 Desember om 3:00 geskakel. As gevolg van padaanwysings op die snelweg wat op sekere plekke moeilik leesbaar in die nag is, het ons die verkeerde afrit geneem. Mornè het onmiddellik aksie geneem met hulp om ons op die regte pad te kry. In die proses het hy hulle kort-kort geskakel om te verneem of ons veilig is totdat ons weer op die regte pad was. Daarna is reismonitering op ‘n uurlikse basis voortgesit. “Dankie Mornè, danksy jou was ek gou weer op pad en veilig” – Annatjie Bloem
REIS GEMONITOR OP STIL PAD
Soms vergeet mens so maklik om dankie te sê. Ek en my seun het op 2 April 2010 vanaf Prince Albert na Bloemfontein gereis via Victoria Wes. Omdat dit vir my ‘n onbekende stil pad was het ek CrisisOnCall vanaf Bloemfontein geskakel en gevra om ons te monitor. Ek het met groot gemoedsrus gery omdat ek geweet het iemand monitor ons elke uur. Dankie aan CrisisOnCall se span vir die vriendelike diens en dat ons daardie gemoedsrus ervaar het dat behalwe vir God se bewarende hand, julle ook daar was vir ons. Conni Oelofse – Pretoria
REISMONITERING HOU MY MAN WAKKER
Ek wil net graag vir Mornè en die span van CrisisOnCall bedank vir julle hulp oor die Paas-naweek. Ek het Donderdag aand (9 April) gesien wat julle werd is. My man het tot laat Donderdag gewerk en moes toe na werk van Johannesburg na Naboomspruit ry. Ons het CrisisOnCall gebel en met Mornè gepraat. Ek het hom versoek om George elke halfuur te bel omdat ek bang was dat hy aan die slaap kan raak op die pad alleen in die donker. Hy het my man vanaf omtrent halfagt tot half twee die volgende oggend gereeld gebel en met rukke tot elke 20 minute.
Ek waardeer dit opreg om te sien dat julle ons belange en geliefdes ook op die hart dra!!!!!!!
Dina Müller
REISMONITERING WORD BAIE VRIENDELIK GEDOEN
Ons wil weereens graag ons dank uitspreek teenoor CrisisOnCall vir die diens wat julle lewer.
Op 30 April 2010 het ons vanaf Kleinfontein na Ballito gereis en weer 14 Mei vanaf St Lucia terug na Kleinfontein. Elke keer het ons van julle reis moniteringsdiens gebruik gemaak en Deon was ons behulpsaam daarmee.
Dra asseblief ons besondere dank aan hom oor vir die vriendelike en behulpsame wyse waarmee hy ons bygestaan het. Dit word opreg waardeer.
Alle seën en sterkte
Groete
Johan en Lettie van der Merwe
GEMOEDSRUS MET REISMONITERING
Hannes Laubscher, sy vrou, dogter en skoonsuster het gedurende Maart 2003 vanaf Springs na die Kruger wildtuin gereis.
Hulle het 3 uur die oggend vertrek en die beheersentrum versoek om hulle 4h00 en 7h00 te skakel.
“Stiptelik om 4h00 was ek geskakel en om 7h00 was ek weer geskakel.”
Die selfoon ontvangs tydens die 7h00 oproep was tussen die berge nie na wense nie en het die Gevalle Bestuurder by die beheersentrum 11 keer geskakel totdat hulle ’n volle gesprek kon voer ten einde te verseker dat die Laubschers steeds veilig op reis is.
“My vrou, dogter en skoonsuster se kommentaar was dat hulle nog nooit so veilig gevoel het nie.” – Hannes Laubscher
VEILIGE REIS
“Ek is 'n Finansiële adviseur vir Old Mutual en ek spandeer ongelooflik baie tyd op die pad. Dit is een van die hoof redes waarom ek by CrisisOnCall aangesluit het. Ek het ook 'n vrou, drie kinders en twee oumas wat saam met my pakkie kom. Ek was verlede week vir 'n paar dae met verlof en het op die nuus gehoor dat daar by Diepsloot in Johannesburg ernstige taxi geweld is en dat die pad tydelik gesluit is.
So, Maandag is ek vroeg oggend terug by die werk. Ek moet dringend na Pretoria toe en die kortste roete moet natuurlik verby Diepsloot wees. Op hierdie punt besluit ek om CrisisOnCall te skakel en was baie bly toe iemand aan die anderkant baie vriendelik vir my die versekering gee dat hy my sal terug bel met nuus oor die beste roete om te neem. Binne 2 minute word ek terug geskakel met bevestiging dat die polisie die roete verby Diepsloot as veilig beskou.
Ek haal my hoed af vir CrisisOnCall want ongeveer 20 minute later, lui my foon, ‘Goeie more Mnr. Esterhuizen, Dit is Emile van CrisisOnCall hier, ek skakel net om seker te maak u het veilig deur die gebied gery.’ In my lewe het ek nog nie hierdie tipe van opvolg beleef nie. Ek moet net weereens vir die mense by CrisisOnCall dankie sê! Dit maak my soveel meer gerus. Nou weet ek dat indien daar wel eendag 'n groot krisis sou opduik ek en my gesin professionele hulp sal kry.” Rick Esterhuizen
REISMONITERING – WARE STEUNPILAAR
Dit was weereens vir ons 'n wonderlike ondervinding om te kon afry Leisure Bay toe op 29 November 2008 en te weet dat Deon van CrisisOnCall ons bystaan met reismonitering! Hy het ons elke uur geskakel, en teen die tyd wat ons daar aangekom het, het dit gevoel of ons hom al baie jare lank ken! Hy was werklik 'n groot steunpilaar om vir 9 ure saam met ons op die pad te wees. Baie dankie Deon! Ook toe ons gister (9 Desember) teruggekom het Pretoria toe was hy elke uur met ons. Ons waardeer jou Deon, jy het jou weer eens baie professioneel van jou taak gekwyt! (Sophia Vorster)
JULLE HOU MY WAKKER
Baie dankie vir die vriendelike diens wat ek van julle ontvang. Ek is genoop om baie vrou alleen en boonop al 70 jaar, lang distansies alleen af te lê en hierdie diens is wonderlik. Dit is baie gerieflik om nie aan die slaap te raak nie, want jy weet iemand gaan een of ander tyd bel en daar is dan 'n klein gesprek wat jou weer moed gee vir die volgende afstand.
Hierdie diens bied my nou in elk geval baie meer vryheid om die wêreld te verken. – Mara Lourens
WARE GEMOEDSRUS
Ek het ‘n tydjie gelede by CrisisOnCall aangesluit en het nie gedink ek sou van julle diens gebruik maak nie, maar ek moes toe en is baie dankbaar dat ek wel aangesluit het. Ek en my tante het afgery Oos Londen toe. Ek was aanvanklik skrikkerig om vrou alleen te ry (jy weet dit is deesdae ‘n groot risiko) maar ek het geen keuse gehad nie!! Ek moes net ry. In elk geval, ek julle gekontak vir die reismoniteringsdiens om elke uur te skakel. Dit gemoedsrus wat ek gehad het, het werklik ‘n verskil gemaak. Baie dankie vir dit.
Ek het baie veilig gery en was dit regtig baie gerusstellend om te weet ek word gemonitor. Die mense aan diens was baie vriendelik en was dit lekker om met hulle te gesels.
Nogmaals dankie vir die diens wat julle lewer. Ek sal verseker in die toekoms weer van julle gebruik maak. Dalk werf ek nog ‘n lid of twee, die ander mense was baie beïndruk met julle diens! - Mev A Janse van Vuuren.
SEUN SE REISMONITERING GEE GEMOEDSRUS AAN MA
Saterdag 15 Mei 2010 om 7:08 ontvang ek die volgende sms: “Dit is Mev Venter. Ek wil my dank betuig aan jou en jul span vir die beste diens ter wêreld vir my seun wat jul veilig by die huis besorg het. Gods rykste seën vir jul almal.” Mev Venter se seun het die vorige dag van die Suid-Kus na die Wes-Rand gereis met ‘n voertuig wat die vorige week baie probleme gegee het. Ouers is bekommerd oor hul kinders en ma het hierdie keer, nadat die sentrum hom gereeld geskakel het met reismonitering rustig vir hom gewag want sy het geweet CrisisOnCall sal help as daar iets gebeur. CrisisOnCall gee gemoedsrus vir ouers en kinders wanneer reismonitering toegepas word (Marius Vermaak – CrisisOnCall)
BOER WORD DEUR CRISISONCALL ONDERSTEUN
Ons boer op ‘n plaas buite Bloemfontein. Sondae wanneer ons van die kerk huis toe ry skakel my vrou CrisisOnCall en vra dat hulle ons so na 45 minute op die huistelefoon moet bel om vas te stel of ons veilig aangekom het. Daar is op ‘n groot deel van die grondpad nie selfoon opvangs nie.
Sondag 6 September het my kar gebreek juis daar waar geen opvangs is nie. Ek het probeer herstel maar my vrou het sommer geweet hier gaan ons sit. Met twee kinders wat gou dors was en geen hulp naby nie het ek besluit om te begin loop. Ons was seker so 12 kilometer van die huis af.
‘n Kwartier later het my buurman van voor gekom en my gegroet met die woorde; “ek hoor jou motor het gebreek.” Ek kon nie verstaan hoe my vrou hom sonder selfoon opvangs kon bel nie. Ek was verbaas toe ek hoor CrisisOnCall het hom geskakel om te kom kyk waar ons is. Ons het my voertuig huis toe gesleep en vir CrisisOnCall geskakel. Ek hoor toe ons het die Auto pakket wat padbystand insluit. So maklik ‘n uur later het ‘n trok opgedaag wat my voertuig opgelaai het en na die garage geneem het. So tussen alles deur het hulle gebel en vertel dat die ou met die trok oppad is. Die volgende dag weer ‘n oproep.
Ons plaasboere het daar en dan besluit dat CrisisOnCall vir almal ‘n bate is. Amper soos ‘n koppie koffie. - Jan de Bruin
GEMOEDSRUS AL DIE PAD
Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om Deon Carstens te bedank vir sy hulp en vriendelikheid. Baie dankie Deon dat jy al die pad saam met ons gewees het. Ons het gebel vir reismonitering en het op 31 Mei 2010 vanaf Pretoria na Uvongo gereis en hy het ons stiptelik gebel.
Dit het vir ons almal in die voertuig net soveel meer gemoedsrus gegee. Baie dankie vir julle goeie werk by CrisisOnCall.
Mev D. Hand
REISMONITERING VRIEDELIK EN BEHULPSAAM
Ek wil net graag vir julle ‘n baie groot pluimpie gee. Ek het verlede jaar by CrisisOnCall aangesluit en ek het vir die eerste keer van Reismonitering gebruik gemaak toe ons op Vrydag, 11 Junie 2010 Shelley Beach toe vertrek het.
Deon het ons reismonitering gedoen en hy het elke uur geskakel. Hy was vriendelik, behulpsaam en het ons op ons gemak laat voel elke keer as hy gebel het om seker te maak of ons nog veilig is en of als nog goed gaan aan ons kant.
Ons het Saterdag, 19 Junie 2010 teruggekeer van Shelley Beach en weereens het Deon ons reismonitering gedoen. Sy professionaliteit is van ‘n baie hoë standaard en dit het my en my familie baie gehelp om veilig te reis onder ons moeilike omstandighede. My vader se regterbeen is op 12 Maart 2010 onder sy knieg afgesit en hy is nou permanent in ‘n rystoel en ons het ook kort-kort probleme met ons voertuig ondervind voor ons met verlof gegaan het.
Danksy Deon se monitering en ons gebede wat verhoor is het ons veilig gearriveer in Pretoria. Ek het dadelik die Beheersnetrum gebel en laat weet ons is veilig tuis. Ek het vir Deon ‘n boodskap gelos om hom dankie te sê vir sy hulpvaardigheid en hy het my teruggeskakel.
Ek sal dit waardeer as julle asseblief vir Deon ‘n groot dankie kan gee van ons hele gesin af. Hy is regtig ‘n aanwins vir julle organisasie.
Baie dankie nogmaals vir ‘n wonderlike diens wat julle lewer. Hou so aan.
Mev Christa Lottering
|